‘Swakopmund-slagter’ baklei weer vir parool

’n Man wat in 1999 skuldig bevind is op sy vrou se moord, en in 2016 in ’n paroolaansoek misluk het, doen weer eens aansoek vir sy vonnis om opgeskort te word.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Die man wat skuldig bevind is op die moord van sy vrou wat hy opgesny, gekook en haar oorskot in hul huis se dak weggesteek het, doen weer eens aansoek vir parool in die hoërhof in Windhoek.

Een van die berugste moordenaars in Namibië se geskiedenis, Thomas Florin (54), is in Desember 1999 tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Florin het ’n saak teen onder meer die regering, gevangenisowerhede, voorsitter van die Institusionele Komitee, die ministers van buitelandse sake en van veiligheid en sekuriteit ingedien om ’n derde van sy vonnis op te skort en vrygelaat te word.

Die verweerders staan die saak teen en sê daar is geen basis vir die aansoek nie.

Regter Shafimana Ueitele het vandeesweek die saak na 1 Desember uitgestel.

Florin het in 2016 saam met 25 ander gevangenes ook ’n aansoek om parool ingedien, wat van die hand gewys is.

Hy het in November 2013 ’n soortgelyke aansoek om parool gebring.

Volgens hofstukke is Florin van mening dat die Gevangeniswet van 1998, wat ten tyde van sy skuldigbevinding van krag was, hom in staat stel om sy vonnis te verkort en moes hy glo reeds op 22 Augustus 2016 ’n vry man gewees het.

Volgens die 2016-uitspraak in die hooggeregshof waartydens Florin en 25 ander gevangenes wat lewenslange vonnisse uitdien, met ’n aansoek om vir parool in aanmerking te kom, was die beslissing net van toepassing op die aansoekers in hierdie saak wat lewenslange tronkstraf opgelê is voordat die eertydse Wet op Gevangenisse van 1959 op 15 Augustus 1999 deur Namibië se eerste Wet op Gevangenisse van 1998 vervang is.

Uit die 26 aansoekers het 23 volgens die hofuitspraak vir parool gekwalifiseer.

Florin is op 22 Desember 1999 gevonnis. Volgens die toepassing van die 1959-wet sou iemand met ’n lewenslange vonnis ná 10 jaar vir parool kwalifiseer. Dit was die helfte van die 20 jaar wat destyds as die minimum lengte van “lewenslank” beskou was.

Die hof het beslis dat hierdie beleid regmatig dus ook moet geld vir diegene wat lewenslange tronkstraf opgelê is voor die 1998-wet van krag geword het.

Op 1 Januarie 2014 het die nuwe Wet op Korrektiewe Dienste van 2012 van krag geword. Dié wet het die wet van 1998 terugwerkend vervang en vereis dat iemand wat ’n lewenslange vonnis opgelê is, eers minstens 25 jaar in die tronk moet deurbring voordat hy/sy op parool vrygelaat mag word.

Florin sal hiervolgens eers in Desember 2024 vir parool kwalifiseer.

Daar is talle bykomende vereistes vir die toestaan van parool aan so ’n persoon, byvoorbeeld goeie gedrag en die moontlikheid van suksesvolle herintegrasie in die gemeenskap. Die toestaan van parool aan so ’n persoon moet deur die staatshoof goedgekeur word en streng toesighoudende voorwaardes sal vir die res van hul lewens geld.

AGTERGROND

Florin is skuldig bevind op onder meer moord, lykskending en regsverydeling.

Hy het sy vrou, Monika Florin, in Junie 1998 in hul huis in Swakopmund vermoor nadat sy Namibiese verblyfpermit van die hand gewys is. Daar is gerugte dat sy vrou hom verbied het om hul twee kinders saam met hom terug Duitsland toe te neem.

Hoewel hy deur die loop van sy verhoor onskuldig gepleit en die aantygings ontken het, het hy in 2013 skuld erken.

- [email protected]

FOTO’s
Die veroordeelde moordenaar Thomas Florin tydens sy en 25 ander oortreders se aansoek vir parool by die hoogeregshof in Augustus 2016. Foto Argief

Thomas Florin wat sy vrou vermoor, gekook en haar oorskot in sy huis se dak weggesteek het en in 1999 tot lewenslank tronkstraf gevonnis is, sal op 1 Desember in die hoërhof in Windhoek verskyn. Foto Argief

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%