Swaitex beloof vanjaar weer groot dinge
Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI) se tak op Swakopmund is vir die vierde agtereenvolgende jaar die gasheer van die Swakopmund internasionale handel-ekspo (Swaitex), wat vanaf 13 tot 15 Oktober in die Dome op die kusdorp aangebied word.
Swaitex word afgesluit met ’n galadinee op 15 September.
Namibia Media Holdings (NMH) is vanjaar die amptelike mediavennoot van Swaitex en sal in Republikein, Allgemeine Zeitung, Namibian Sun en Erongo omvattende nuusdekking oor die verrigtinge gee.
CNBC Africa is die amptelike uitsaaivennoot en sal Swaitex in die groter Afrika-mark bekend stel.
Oudergewoonte sal uitstallers in die mynbou-, toerisme-, vervoer-, mediese-, kommersiële- en kleinhandelsektore die geleentheid hê om hul ware te vertoon. Hierbenewens verwag die organiseerders ook ’n sterk teenwoordigheid uit die klein- en mediumsakesektor (SME) asook die sport-, wyn-, dekor-, konstruksie-, spyseniering- en vermaaklikheidsektore.
’n Motorskou maak vanjaar vir die eerste keer deel van Swaitex uit. Dit sal in die glastent langs die hoofsaal aangebied word.
Vanaf ’n nederige begin in 2013 toe Swaitex in ’n tent op die gronde van die Swakopmund munisipaliteit aangebied is, het die geleentheid gegroei tot ’n vertoonvenster van wat die kusdorp aanbied.
Verlede jaar het Swaitex 248 stalletjies gehad, wat vanjaar tot 330 stalletjies toegeneem het.
Benewens die uitstalling word bykomende konferensies aangebied waar uitstallers die geleentheid kry om inligting met besoekers en belangstellendes te deel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie