Superrugby: baie pryse soek nog huise
Super-aksie word komende naweek in die Superrugbyreeks se kwarteindrondte verwag.
Met drie naweke se spel oor voor die 2016-kampioene gekroon word, loop die tyd ook vir DStv Premium-intekenare uit om deur deelname ’n kans te bespreek om die N$20 000 bonusprys in MultiChoice Namibia en Republikein se kompetisie te wen.
In Namibië sal baie ondersteuners agter die drie Suid-Afrikaanse spanne staan om tot die halfeindstryde te vorder. Vanoggend bots die Brumbies en Highlanders en môre durf die Sharks die Hurricanes in Nieu-Seeland aan. Die Lions draf tuis teen die altyd gevaarlike Crusaders uit en die Stormers pak die Chiefs.
Lesers kan hierdie naweek eindtellings in enige van die vier die wedstryde voorspel.
Drie pryse is op die spel. Twee pryse van N$1 000 elk vir enige deelnemer (jy hoef nie DStv te hê nie) en ’n geskenkpak ter waarde van N$1 000 vir ’n DStv Premium-intekenaar.
In verlede naweek se kompetisie kon niemand enige van die spanne se wentellings korrek voorspel nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie