Suid-Afrika se Olimpiese Spele van Seer

Olimpiese Spele
Marizanne Kok – Die eerste keer in 65 jaar wat Suid-Afrika geen atletiek-medaljes kon wen nie. Die eerste keer in die land se Olimpiese geskiedenis dat geen man suksesvol was nie. En net die tweede keer sedert hertoelating dat geen atlete van kleur ’n podium bestyg het nie.
Nodeloos om te sê was hierdie ’n Olimpiese Spele waaroor Suid-Afrikaners nie in die toekoms te veel sal wil terugdink nie.
Vyf jaar gelede het ons na die Olimpiese skouspel in Rio de Janeiro as Suid-Afrika se Spele van Sprokies verwys ná ’n groep atlete wat onder meer struikelblokke soos kanker, dwelmmisbruik en geslagsondersoeke oorkom het, ’n bydrae tot die medaljetabel gemaak het.
Vanjaar se groep het natuurlik ook uitdagings gehad, met veral die Covid-19-pandemie wat klippe in hul pad gerol het. Om die alliterasie dus te probeer herhaal met ’n benaming soos Spele van Skande, sou heeltemal oordrewe wees. Te veel van ons atlete het te staan gekom teen atlete van lande wat nooit hul sportgeriewe gesluit of hul sportprogramme vir maande lank opgeskort het nie.
Wat dié wel was, was ’n Spele van Seer. Waar Tatjana Schoenmaker en Bianca Buitendag die grootste dae van hul loopbane gehad het, het ’n rits ander by hierdie Spele hul grootste pyn gehad.

• CHAD LE CLOS
Le Clos het vir die eerste keer in sy loopbaan sonder enige medalje teruggekeer van ’n Spele (Olimpies of Statebond), en boonop die vernedering van mislukking in ’n uitdun ervaar.
Die 29-jarige het vyfde in die eindronde van die 200-vlinderslag (waarin hy nege jaar terug goud gewen het) geëindig, en net een resies in die 100-vlinderslag gehad.
Hy het verlede week aan Netwerk24 gesê hy verwag om nog lank met ’n swaar hart te loop oor hierdie Spele.
“Al wat ek kan doen, is om hierdie as motivering te gebruik en seker te maak ek voel nie weer so nie,” het hy gesê.
“Ek sal terug wees, ek sal hopelik nooit weer soveel ontwrigtings in my voorbereiding hê soos dié keer nie. Ek voel so nou en dan oud langs die nuwe ouens wat deurkom, maar dit beteken nie ek sal nooit weer met hulle kan saampraat nie.”

• SA SE ROEIERS
Ná die goue sukses van Suid-Afrika se liggewig-viertal in Londen in 2012, het Roger Barrow se roeispan hoog gevlieg en in 2016 vyf bote, met 12 roeiers in, na Rio de Janeiro gestuur.
Ten spyte daarvan dat net een van dié bote ’n medalje kon opraap, en dat driekwart van die 2016-groep voor vanjaar se Spele uitgetree het, was daar steeds hoë verwagtinge. Vanjaar se viertal het immers in Lawrence Brittain en John Smith twee roeiers gehad wat die Olimpiese podium ken.
Uiteindelik het die viertal – én die twee in die pare-boot –egter in elke een van hul renne heel laaste geëindig. Barrow, hul afrigter, was stomgeslaan en het gesê hy het geen idee wat fout gegaan het nie.
Sonder twyfel het hy reeds die tekenbord uitgehaal om antwoorde te probeer vind.

• BLITSBOKKE
Die nasionale sewesspan het uitdagings gehad wat niemand anders te bowe moes kom nie, met hul afrigter in ’n Japanse hospitaal met Covid-19 en die emosionele las van wonder of die virussiekte enigiemand anders se Spele ook sou beëindig.
Dit het uiteindelik nie – hulle is eerder gepootjie deur ’n ongeroemde sestal Argentyne.
Ironies genoeg was die klas van 2021 minder aan die verloorkant as die 2016-blitse wat in Rio de Janeiro brons gewen het. Die verskil was dat vanjaar se span in die kwarteindronde verloor het, toe daar geen manier was om hul medalje-drome te beredder nie. In 2016 het die Suid-Afrikaners ’n groepwedstryd en ’n halfeindstryd verloor, maar elke keer daarvan herstel.

• AKANI SIMBINE
Simbine het net drie weke voor die Spele ’n nuwe Afrika-rekord van 9.84 sekondes in die 100 meter opgestel en is met goeie rede stert in die lug Tokio toe.
Maar in die Japanse hoofstad het hy nooit gelyk soos die verwoester van vroeg-Julie nie. Hy het rukkerig en sonder ritme gehardloop, en ’n duur prys daarvoor betaal.
Die 27-jarige Pretorianer was uiteindelik net vier honderdstes van ’n sekonde te stadig om die podium te haal.
Die goeie nuus is dat hy verbeter het op die vyfde plek wat hy in 2016 se eindronde behaal het – en dat hy nie te oud sal wees om sy visier opnuut op die podium te stel wanneer die Olimpiese tent in 2024 in Parys opgeslaan word nie.

• WAYDE VAN NIEKERK
Soos Le Clos het Van Niekerk heeltemal te min byeenkomste voor die Spele gehad, en dus sonder enige aanvoeling vir sy teenstanders in die Tokio-stadion aangetree.
En soos Le Clos is die oud-Bloemfonteiner gepootjie deur ’n gebrek aan lug in die longe, met ’n goeie begin wat te veel uit hom gehaal het om in sy 400-uitdun én -halfeind die petrolpedaal dieper in te trap toe almal om hom van ratte begin verwissel.
Die vrae oor die impak wat Van Niekerk se fratsbesering in ’n raakrugby-wedstryd in 2017 op sy loopbaan sal hê, is steeds nie heeltemal beantwoord nie.
In die groter prentjie sal 2022 waarskynlik een van sy belangrikste jare nóg wees, om te sien of hy weer naby aan die super-Wayde van ouds kan kom.
– Netwerk24

FOTO’s
Chad le Clos. Foto Gallo Images
Kurt-Lee Arendse in aksie vir die Blitsbokke. Foto Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%