Staatsmedia se boeke duister

Augetto Graig
Augetto Graig - Die regering se dagblad, New Era, skuld die ontvanger van inkomste miljoene dollar en wil hê die boetes en rente op dié agterstallige belasting moet afgeskryf word.
New Era moes vandeesweek sy geldsake vir sy 2013-boekjaar aan die parlementêre vaste komitee op staatsrekeninge verduidelik. Teen die einde van dié boekjaar het New Era die belastinggaarder meer as N$40 miljoen geskuld. Dit sluit belasting op toegevoegde waarde (BTW) in wat nooit oorbetaal is nie, asook personeel se inkomstebelasting van N$9,4 miljoen wat ook nooit in die staatskoffers beland het nie. New Era se boetes in Februarie 2014 het reeds N$9,8 miljoen beloop en die SOE se rente op agterstallige skuld was N$5,6 miljoen.
Dr. Audrin Mathe, uitvoerende hoof van New Era, het aan die komitee gesê N$20 miljoen van die agterstallige belasting­skuld is reeds vereffen. Sodra die res betaal is, hoop hy om met die ontvanger oor die afskryf van die boetes en rente te onderhandel.
Mnr. Mike Kavekotora, voorsitter van die komitee, wou weet hoe New Era as ’n lopende bedryf kan funksioneer terwyl die SOE se laste sy bates in 2013 met sowat N$2,38 miljoen oorskry het. Mathe se verweer was dat dit reeds die stand van sake was toe hy as hoof oorgeneem het. Mnr. Tarah Shaanika, ’n direkteur van New Era, het gesê deel van die SOE se regrukplan was om ’n omkeerstrategie te implementeer, maar dat die onderneming se skuldlas dit belemmer.
“In die laaste twee of drie jaar kon ons die inkomste vermeerder en die bydrae van die staat het verminder. As ons skuld aan die ontvanger eers betaal en afgeskryf is, sal ons bates meer as ons laste wees,” het hy gesê.
Die NBC was vandeesweek ook op die komitee se tapyt oor sy 2013-boekjaar.
Me. Jantje Daun, wat in dié jaar die NBC se hoofrekenmeester was, het erken dat ’n lêer met kredietnotas ten bedrae van N$7,8 miljoen spoorloos verdwyn het. Bewyse vir televisie-advertensies van N$2,49 miljoen en radio-advertensies van N$1,2 miljoen is ook skoonveld. Televisie­lisensieboeke word vermis en N$64 miljoen is in ’n “skoonmaakrekening” gehou tydens ’n interne poging om “huis skoon te maak”.
Toe sy die pos by die NBC oorgeneem het, was daar ’n “groot agterstand, stelsels het nie gewerk nie, die netwerk was af, daar was geen reserwekopieë, geen bankrekonsiliasies, kredietrekonsiliasies of debiteurere konsiliasies nie”, het Daun gesê. “Die kontant was daar, maar ons kon geen rekord daarvan opspoor nie,” het sy gesê en die situasie as chaoties beskryf.
Ander kwessies wat die komitee laat frons het, was onverklaarde verskille in senderinkomste en agterstallige skuld van bykans N$20 miljoen wat NBC nie kan invorder nie. Nog ’n doring in die komitee se vlees is NBC-skuld van N$24,6 miljoen aan Huawei Technologies van China vir N$24,6 miljoen en probleme met personeelvergoeding wat tot 70% van NBC se inkomste insluk.
Mnr. Stanley Similo, direkteur-generaal van die NBC, het gesê die uitsaaier het geskiedenis gemaak toe dit twee weke gelede vir die eerste keer sy boeke tot op datum by die ouditeur-generaal ingehandig het.
Beide die NBC en New Era het nie al die dokumente gehad wat die komitee aangevra het nie. Biede moet dus weer voor die komitee verskyn – dié keer met die dokumente.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.81/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.92% | Zinc US$ 2 903.60/T UP 1.73% | Brent Crude Oil US$ 89.03/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 913.67/OZ DOWN -0.0024 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.81/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.92% | Zinc US$ 2 903.60/T UP 1.73% | Brent Crude Oil US$ 89.03/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 913.67/OZ DOWN -0.0024