SMS'e vir 22 Julie 2020
". . . kan doen met 'n miljoen . . ."
Dit is nie reg wat die verkragterpa op Rehoboth gedoen het nie, maar moet die ma nie ook voor stok gekry word nie? Sy het blykbaar gaan drink en blykbaar nie dadelik die voorval aangemeld nie?
Hoekom op aarde kan mense wat onder meer aan Covid-19 gesterf het nie by die gewone begraafplaas ter ruste gelê word nie? Hulle oorskot kan tog niemand meer aansteek nie! Regtig mense, hoe ver gaan julle nou?
Waarom so baie geregistreerde voertuie van Walvisbaai op Rehoboth en in Sentraal-Namibië? Hoe kom die mense deur die padblokkade, of ry hulle agterlangs grondpad? Ek dink die mense is onbedagsaam tydens die Covid-19-pandemie. Beskerm ons in die binneland se gesondheid en bly in Walvisbaai en Swakopmund asseblief.
Ek wonder ook, wat is die korrekte bedrae wat by NaTIS betaal moet word. Hernu my voertuiglisensies en die bedrag wat jy betaal en wat op die lisensie wys, verskil ook met N$72. Dit is die persoonlike lisensieskywe en dit is nie bygereken op die hernuwingsvorm nie. Hoe nou gemaak?
Ranga en sy makkers by die NFA moet seker die swakste sportsadministrateurs op aarde wees. Hulle skors die NPL en nou sit hulle sonder nasionale spelers en met 'n klomp tweede- en derdeliga-spanne. MTC en FNB, die NRU kan doen met 'n miljoen, dan kry julle 'n kwaliteit produk. Ek sêvra maar net.
Charcoal in Usakos. Dankie vir die inligting. Ek sal werk daarvan maak. Kan nie glo dat die munisipaliteit dit toegelaat het nie. Daar het seker weer 'n paar kole in iemand se sak beland.
Waarom, waarom dra hooggeplaastes in die regering altyd hul masker net oor die mond, maar nooit ooit oor die neus en mond, soos wat hulle self predik en voorskryf nie? Kyk maar hulle foto's in die koerante. Wat 'n skande!
As alle besighede in Suid-Afrika en Namibië hulle besighede na alkoholverskaffers gaan omskakel, gaan die ekonomiese insinking soos mis voor die son verdwyn! – KWV, Koos Wye Voete
Is dit nie kortsigtig van die ministerie van onderwys om onderwysers na werkswinkels te stuur en dit nog per bus nie? Hoop hulle bly gesond, want anders gaan die poppe dans. Of is onderwysers immuun teen Covid-19?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie