SMS'e vir 21 Junie 2016
SMS'e vir 21 Junie 2016

SMS'e vir 21 Junie 2016

Gerine Hoff
Verswakte United: Terwyl Unam 8 van sy eerste span spelers nie beskikbaar gehad het weens Curriebeker diens, moet Tielman nie verskonings maak vir hulle nie. United was vol sterkte. Geluk Coach Johan Russel, bestuur en spelers. Hou so aan.


NSSU kan asb. net ander keurders gebruik. Daar is partydigheid in die seleksie van spelers. My vraag is: Is daar spelers wat outomaties die span moet haal omdat hul in Khomas bly? Dit terwyl hul glad nie goed is nie. Spesifiek die onder 15-span. Kom reg en kom by NSSU. Ons praat van die land se span asb.


KHP council, julle noem dit ontwikkeling! Skryf amper N$500 000 se skuld af van die townlands huurders wat vanaf 2009 tot hede nie betaal het nie en gee hulle weer 5 jaar om te bly omdat julle hofsaak teruggetrek het. Daardie geld kon vir instandhouding gebruik gewees het, maar mayor en deputy huur mos ook daar. Call it conflict of interest? ACC, we need your service in KHP.


Eendag lank gelede het ek hoop vir hierdie regering gehad, maar dit was net 1 dag en soos reeds gesê baie, baie lank gelede.


Aan oud-WHS-ouer wat ook nie te breed gehad het nie, wil ek ook ’n stuiwer in die armbeurs gooi oor skoolfonds. Reparasies en instandhouding kos geld. Ons as ouers is ook verantwoordelik om ons kinders in ’n sinlike en stimulerende omgewing te help opvoed. Die staat kan nie by alles kom nie hoewel dit beleid is. Help mekaar is die oplossing vir gehalte onderwys.


Hoekom is dit nou ’n verswakte United rugby span? Wat maak hulle kamma verswak? Unam-rugby het ook spelers uit hul span uit vat vir die Windhoek Draught Welwitschias speel, so wat gaan aan?


Dis nie moord nie, dis 8 jaar vir strafbare manslag!


Dit klink onwaarskynlik, maar dit is die werklikheid. In Keetmanshoop bevind ons vir ons tydig en ontydig met watertoevoerlyne wat bars. Telkens as die pype herstel word voor jy nog water kan ontvang, beur daar wind deur die pype vir maklik 5 tot 8 minute deur die watermeters en dan registreer die meters asof daar water deur meters gaan. Op die ou end betaal ons vir die wind wat deur die meters gaan. Al die besware val op dowe ore by die munisipaliteit. My eenvoudige vraag is waar trek mens ’n lyn van regverdigheid?


Johan Morkel, sê aan die sogenaamde naamlose inwoner van Usib, geniet jou gratis verblyf. Ek begin nooit iets en los dit half nie. Vra diegene wat my ken.


Ref. SMS CoW basic elec. N$350 (14/06), Dis nog niks. By Erongo Red Swakop moes ek N$510 basies per maand betaal vir ’n gehuurde flat. Dis behalwe jou maandelikse verbruik. Dis daylight robbery! Jy betaal N$95 vir water en elektrisiteit aan- en afsluiting elk. Dis N$380. Jy kry ook nie die deposit terug nie. Opgemaakte rede.


Na aanleiding van die kindertoelae. ’n Kind is veronderstel om gebore te word uit ’n liefdevolle verhouding tussen ’n getroude ma en pa en nie uit ’n rondslapery waarna die kinders gedump word by ’n ouma en niemand weet wie die pa is. Ouers, leer jul kinders waardes. Dan hoef niemand bakhand te staan vir ’n aalmoes van die staat nie.


//Kharas governor, vertel ons tog of die droogtehulp vir pensioentrekkers is en hoeveel sakke ’n persoon moet kry. Want in Daberas-blok is net sekere mense wat kry. Sover my kennis strek, is dit droogtehulp vir almal. Kan iemand my reghelp as ek verkeerd is.


Het ’n tyd terug genoem dat Okahandja-munisipaliteit asseblief die gate in die teerpad by Veddersdal kan kom regmaak. Nog niks gedoen nie. Waar is die councillor in wie se wyk Veddersdal val. Hul moet u fire. Kyk, die hele Veddersdal gaan ten gronde omdat u nie u mandaat uitvoer nie. Boetebordjies ’n grap.


Jy het nie werk, geleerdheid, behuising of enige inkomste nie. Maar jy begin met 'n gesin. Wat dink so 'n tipe mens en wat gaan aan in so 'n mens se kop? Wanneer gaan iemand begin om mense in die rigting op te lei? Sakimaki


Wou net sê die graad 8-leerlinge van Suiderlig wat hul aardrykskunde-onderwyser wil terug hê, waar is die onderwyser dan as die leerlinge gemaklik is en goed vaar in die vak? Laat hulle hul onderwyser terug kry.


Ek het hierdie week my doktersbril wat soos ’n bril lyk, verloor. Dit is swart met wit spikkels op en is in 'n sagte, swart leersakkie. Enige iemand wat dit vind en terugbring, word beloon met N$500. Bel my asb. by 081 129 6571.


Kan al Rehoboth besigheidsplekke asb. Bandits RHB se voorbeeld vat? Toilette uitstekend skoon!


Hoe vergewe mens hierdie verraderlike dade van moord en verkragting van onskuldige kinders soos gelees die afgelope tyd? Dit is nie God se plan met ons nie! Bring die doodstraf terug edelagbares, red ons mooi land van totale ondergang!


Dankie Errol oor jou kommentaar oor TV-diens teen die kus. Ek stem heeltemal saam want kort-kort is daar probleme met opvangs hier teen die kus en die probleem word nie opgelos nie.


Jy wat skryf van mnr. Esau terug kry by Suiderlig Hoërskool jy was en is seker nie ernstig met jou toekoms nie. Ek sê verder niks nie. Bekommerde ouer


Die persone wat so baie te sê het oor die pastore geskors, wil ek graag raad gee, want ons almal wil graag agter die waarheid kom. Vra die afgetrede biskop Kameeta om persverklaring te reël sodat hy en die pastore wat u beskuldig, sit. Dan sal u hoor waaroor alles gegaan het en dan moet lidmate kans kry om direk vrae te stel. Vra hom sodat u die waarheid kan onderskei laat die ELKRN onder onafhanklike kommissie die morele lewens van ons geestelike leiers ondersoek sodat baie dinge kan openbaar word en belydenis met vergifnis kan plaasvind. Wie kla aan en wie skors.


Baie dankie aan ESK Rehoboth Sondagskool vir ’n baie spesiale Vadersdag-diens. Dit was voorwaar spesiaal. Dit was gelaai met hoogtepunte! Dankie aan die Sondagskool-personeel vir jul ekstra moeite! HM


Die Witbooi-grootmense het nie ’n fout gemaak om meester Koelieb in te sweer as kaptein van ons stam nie. Hy is baie besadig, nederig en vol van respek vir medemense. Mag hy tydsaam familie en volk verenig. Mag sy nefie Ismael ook vrede in sy hart kry en dalk ’n rol te vul in nuwe raad. Wysheid kom nie deur rebellie nie.


Die mense wat hulself die " Exodus-ELKRN" noem, moet weet dat hulle nie onder die ELKRN geregistreer is en nie die ELKRN-naam of sy dogma mag gebruik nie. Daar kan wetstappe geneem word. Registreer tog net jul eie dinge en skoert.


Thaniseb is neither an ordained pastor nor a member of the ELCRN as per his resignation written for him by Bartholomeus Pieters (a Catholic). Thaniseb resigned from ALL faculties of the ELCRN. This Thaniseb circus must come to an end. Where is Paul /Goagoseb who urged him to disrespect authority?

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.81/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.92% | Zinc US$ 2 903.60/T UP 1.73% | Brent Crude Oil US$ 89.03/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 913.67/OZ DOWN -0.0024 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.81/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.92% | Zinc US$ 2 903.60/T UP 1.73% | Brent Crude Oil US$ 89.03/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 913.67/OZ DOWN -0.0024