Skuld ly tot tekort aan staatsmedikasie
Estelle de Bruyn - Tekorte aan sekere soorte medikasie, waaronder medikasie vir die behandeling van epilepsie, is by staatshospitale ondervind.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, het gister in die Nasionale Vergadering verskeie redes aangevoer vir die tekort. Een van die redes is dat toe hy minister geword het, die ministerie se rekening by verskeie farmaseutiese maatskappye ver agterstallig was. Haufiku sê ondersoek word nou ingestel na die wanbetaling. Hy het die versekering gegee dat die rekeninge vereffen sal word.
Nog ’n rede is dat ’n tender vir die verskaffing van medikasie aan sekere maatskappye toegeken is, maar dat die skerp daling in die wisselkoers teenoor buitelandse geldeenhede daartoe bygedra het dat hulle nie al die medikasie waaroor hulle getender het, kon aanskaf nie. ’n Dispuut het tussen die ministerie en die verskaffers ontstaan, gevolglik het van die maatskappye opgehou om medisyne aan die staat te verskaf.
Hy het ook die versekering gegee dat maatreëls nou ingestel is vir die korrekte prosedure om medikasie in die toekoms aan te koop.
Die derde rede is dat wêreldwyd ’n tekort aan die bestanddele vir die medikasie, veral medikasie vir epilepsie, ondervind is.
Hy het gesê alles moontlik sal gedoen word om grootskaalse tekorte landwyd te voorkom, maar dit nie 100 persent gewaarborg word dat dit nie weer sal gebeur nie. Van die maatreëls wat die ministerie in die vooruitsig stel, is beter kommunikasie met verskaffers.
Hy het egter ook daarop gewys dat die ministerie voortaan indringende besluite sal moet neem, soos byvoorbeeld om ’n plafon op prysverhogings wat aanvaarbaar is, in pas met riglyne deur die Wêreldgesondheidsorganisasie, in te stel.
Daar sal seker gemaak moet word dat verskaffers se prysstyging nie buitensporig is nie. Hy het aangedui dat hy binne die volgende twee weke ’n vergadering sal belê met belanghebbendes onder wie verskaffers, om die maatreëls te bespreek.
Het hy ook bekend gemaak dat ’n nuwe elektroniese stelsel om mediese voorraad te monitor en dit beter te beheer en ondoeltreffenheid uit te skakel, gebruik gaan word. Haufiku is van mening dat dit baie sal help om te verseker dat tekorte voorkom kan word.
Haufiku het geantwoord op ’n vraag deur die Swapo-agterbanker, mnr. Veikko Nekundi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie