Shikongo die blinkste ster by 2016-toekennings

Sporttoekennings
Andrew Poolman
Die Namibiese Paralimpiese atlete, met Ananias Shikongo aan die spits, was soos te wagte die groot wenners van die 2016 Namibiese Sporttoekennings wat Vrydagaand by die Windhoek Buiteklub gehou is.

Die gesiggestremde Shikongo se een goue en twee bronsmedalje by die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro was een van die hoogtepunte van die land se sportjaar. Hy is gevolglik nie net as die land se gestremde sportman van die jaar vereer nie (N$100 000), maar ook as die algehele beste sportpresteerder (N$200 000).

Boonop was hy ’n lid van die Paralimpiese 4x100 meter aflosspan wat met ’n vierde plek net-net ’n geskiedkundige medalje misgeloop het. Dié groepie en hul gidse is as die land se voorste sportspan van die afgelope jaar bekroon.

Die Paralimpiese span se mnr. Michael Hamukwaya is as die afrigter van die jaar vereer, terwyl Johannes Nambala die prys vir die beste vordering opgeraap het.

Shikongo het in sy wennerstoespraak melding gemaak van die rol wat sy ambisie gespeel het om hom as een van Namibië se sporthelde te vestig. Sy oorwinning in die finaal teen twee Brasiliaanse opponente voor hul tuisskare, in ’n nuwe Paralimpiese Spele-rekord, was die samekoms van jare se harde werk, wat ook medaljes op Afrika-vlak opgelewer het.

“Ek dra hierdie toekenning op aan al die afrigters en bestuurslede wat by sport vir gestremdes betrokke is. Die ondersteuning wat ek van Namibiërs ontvang het, is wat my aan die gang hou.”

VEGTERS KRY ERKENNING

Die karate-wêreldkampioen De Wet Moolman is as die land se sportman van die jaar bekroon ná sy vier goue en twee silwermedaljes by die JSKA wêreldkampioenskap wat in Julie by The Dome op Swakopmund aangebied is.

Vir die Walvisbaaier was dit uiteindelik behoorlike erkenning nadat hy ook goue medaljes by die 2012 en 2014 wêreldbyeenkomste ingepalm het. Sy medaljes was in beide kata (stylvertoon) en kumite (gevegte) vir mans ope (21 tot 39 jaar).

“Hierdie is nie net my prestasie nie. Dit is eintlik die samekoms van so baie ander mense se werk,” het Moolman agterna beskeie aan die koerant gesê.

“My eie afrigter sensei Freddy Mwiya; ons styl se hoof, sensei Willem Burger; asook Wikus Oberholster en Hermie van Zyl en al die baanbrekers van die ander karatestyle het ’n leeftyd se werk ingesit.

“In 2020 sal ’n klomp huidige jonges na die Olimpiese Spele in Tokio kan gaan. Dit is danksy die onselfsugtige werk van soveel ander mense dat ek nou hier op die skouers kan staan van die reuse wat voor my gekom het.”

• Uit die geledere van karate en gevegskuns aan die kusdorpe was die ander twee oorwinnings ewe beveredigend – naamlik Delano Muller en Mayvonne Swart as junior sportman en junior sportvrou van die jaar, onderskeidelik.

Die 12-jarige Muller het in Junie in die VSA by die Battle of Atlanta ’n goue medalje in die gemengde gevegskuns ingepalm, tesame met verskeie ander podiumplekke in Afrika- en internasionale byeenkomste. Hy is tans die jongste swartgordel skopbokser in die land.

Mayvonne Swart het met drie goue medaljes by die JSKA wêreldkampioenskap haar kategorie vir 14-jariges oorheers.

• Die toekenning vir senior sportvrou van die jaar was ’n kop-aan-kop wedloop tussen drie Olimpiese kwalifiseerders. Uiteindelik het die marathon-hardloper Beata Naigambo die kopknik van die beoordelaars gekry bo Gaby Ahrens (kleiteikenskiet) en Vera Adrian (fietsry).

DIE WENNERS

Die kategoriewenners van die 2016 Namibiese Sporttoekennings:

Sportpresteerder van die jaar: Ananias Shikongo (Namibië Paralimpiese Komitee, NNPC)

Sportman van die jaar: Rudolph De Wet Moolman (karate)

Sportvrou van die jaar: Beata Naigambo (atletiek)

Junior sportman van die jaar: Delano Muller (skopboks)

Junior sportvrou van die jaar: Mayvonne Swart (karate)

Gestremde sportman van die jaar: Ananias Shikongo (NNPC)

Gestremde sportvrou van die jaar: Johanna Benson (NNPC)

Gestremde junior sportman van die jaar: Abraham Hafenanye (NNPC)

Gestremde junior sportvrou van die jaar: Lahja Ishitile (NNPC)

Afrigter van die jaar: Michael Hamukwaya (NNPC)

Span van die jaar: Namibië Paralimpiese 4x100 aflosspan (NNPC)

Skeidsregter van die jaar: Jackson Pavaza (Namibië Sokkervereniging)

Beste vordering: Johannes Nambala (NNPC)

Sportjoernalis van die jaar: Kaino Nghitongo (Namibian Sun)

Fotograaf van die jaar: Hesron Kapanga (Nampa)

Lewenslange eretoekennings: Ismael Narib, Johannes Coleman, Toivo Joshua.

• Benewens MTC as die hoofborg (platinum), was NamPower (borg met goudstatus) asook FNB Namibia, Namibia Wildlife Resorts, Coca-Cola, The Namibian en die Namibiese Uitsaaikorporasie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%