Senegal se Mane onttroon klubmaat vir CAF-eer
Sokker
Die Liverpool-ster Sadio Mane is eergisteraand vir die eerste keer as Afrika se sokkerspeler van die jaar 2019 aangewys tydens 'n galadinee van die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) in Egipte.
Die 27-jarige Senegalese doelskieter is opgeweeg teen die ander twee finaliste – sy Liverpool-klubmaat Mohamed Salah van Egipte wat die Afrika-toekennings vir die vorige twee jare gewen het, asook die Algeriër Riyad Mahrez wat vir Manchester City speel.
“Ek is baie verheug en terselfdertyd rêrig trots om hierdie toekenning te ontvang. Dit is vir my 'n groot dag,” het Mane gesê.
Die Senegalees volg in die voetspore van sy landgenoot El Hadji Diouf, wat in 2001 en 2002 die kontinent se beste sokkerspeler was.
Mane het gedurende 2019 altesame 34 doele aangeteken en 'n ondersteunende rol in nog twaalf gehad in die 61 wedstryde waarin hy betrokke was, volgens CAF se statistiek.
Salah se totaal het op 26 doele en tien bydraende stukkies spel in 55 wedstryde gestaan, terwyl Mahrez 14 doele aangeteken en 18 aangehelp het in sy 48 wedstryde vir die jaar.
Mahrez se Algerië-span het die 2019 Afrika Nasiesbeker-eindstryd met 1-0 teen Egipte gewen. Algerië het gevolglik weggestap met die pryse vir afrigter van die jaar (Djamel Belmadi) asook manspan van die jaar.
• Desiree Ellis, afrigter van Banyana Banyana, is as Afrika se vroue-sokkerafrigter van die jaar aangewys.
Suid-Afrika het onder die 56-jarige Ellis geskiedenis gemaak toe sy vrouespan vir die eerste keer gekwalifiseer het vir die Wêreldbeker-toernooi, wat verlede jaar in Frankryk gehou is.
Nigerië se Asisat Oshoala, wat vir Barcelona speel, is vir die vierde keer as vrouespeler van die jaar aangewys.
Kameroen is as die beste vrouespan in Afrika vereer, nadat hulle by die Wêreldbeker tot die ronde van 16 deurgedring het.
- Nampa/AFP/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie