Samewerking moet ontwikkelings dien
Estelle de Bruyn
Die kabinet het opdrag aan die Nasionale Beplanningskommissie gegee om te verseker dat Visie 2030 in die hoofstoom van die nasionale ontwikkelingsbeleid en programme kom.
Hierbenewens moet globale vennootskappe benut word om volhoubare ontwikkeling te verseker en sodoende armoede uit te wis, ekonomiese groei te bewerkstellig en ’n program vir maatskaplike beskerming vir die armste en weerloosste mense te implementeer. Dit volg nadat die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila (foto), aan die kabinet verslag gedoen het oor die Istanboel-program van aksie vir mins-ontwikkelde lande wat op 27 en 28 Mei in Antalya in Turkye gehou is.
Die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking is opdrag gegee om inligting oor die post-2015 ontwikkelingsagenda, te wete die 2030 volhoubare ontwikkelingsdoelwitte; die Afrika Agenda 2063; die Parys-ooreenkoms oor klimaatsverandering; die Sendai-raamwerk vir die vermindering van rampgevaar en ander bilaterale en multilaterale internasionale konvensies en inisiatiewe waarvan Namibië ’n ondertekenaar is, onder die aandag van alle kantore, ministeries en agentskap van die regering te bring sodat dit doeltreffend aangewend kan word.
Dit moet gedoen word om in die behoeftes van Namibiese burgers te voorsien en Namibië se streek- en internasionale vennootskappe te versterk.
Voorts is die ministeries van finansies; nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling asook die Nasionale Beplanningskommissie opdrag gegee om deurlopend met finansiering- en handelsvennote, soos die Wêreldhandelsorganisasie, die Verenigde Nasies (VN) se konferensie oor handel en ontwikkeling, die VN se kapitale ontwikkelingsfonds en die organisasie vir ekonomiese samewerking en ontwikkeling saam te werk ten einde voordeel uit die multilaterale handelstelsel te put.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie