SA ‘moet standpunt in neem’ teen Zim
Miljoene se handelsinkomste in gedrang
Hanlie Stadler - Suid-Afrika gaan sterk standpunt inneem moet teen Zimbabwe oor sy invoerverbod op verskeie produkte vanuit die land.
Dit is die mening van ’n groep ekonomiese navorsers by Noordwes-Universiteit se sake- en handelskole in Potchefstroom onder leiding van prof. Raymond Parsons.
Volgens die navorsingstuk oor die moontlike impak van die verbod en hoe Suid-Afrika dit kan hanteer, wys die geskiedenis dat wanneer geen aksie geneem word tussen dié twee lande nie, gewoonlik ook niks gebeur nie.
Die nadraai hiervan kan wees dat dorpe wat na aan die Zimbabwiese grens is, soos Musina, tot R100 miljoen ’n maand in handelsinkomste kan verloor.
“As Suid-Afrika nie sterk standpunt inneem en die regte boodskap vir Zimbabwe stuur nie, sal dit ’n presedent skep vir soortgelyke voorvalle in die toekoms wat tot nadeel van die handelsgemeenskappe gaan wees wat ’n belangrike rol in hul onderskeie lande se ekonomieë speel,” lui die verslag.
Volgens die navorsers kan Suid-Afrika verskeie stappe doen in antwoord op Zimbabwe se besluit om ’n invoerverbod op meer as 30 produkte, van kamferroom tot koffieverromer in Junie in werking te stel.
Hy kan die saak by die Wêreldhandelsorganisasie aangee, maar dit kan tussen 15 maande en drie jaar duur om op te los.
Hy kan verder ook ander lande in die streek vra om in te tree in die geskil, maar dit is ook onwaarskynlik.
“As ’n mens die huidige moeilike klimaat in Suid-Afrika in aanmerking neem en met kredietagentskappe wat soos aasvoëls om hom draai, gaan enige vertraging in die oplossing van hierdie ‘skielike ongerief’ bydra tot Suid-Afrika se kostelas en ’n kompromie plaas op sy aansien in die streek,” sê die verslag.
Die navorsers verwag egter nie dat Suid-Afrika sy posisie as veel groter handelsvennoot sal misbruik om Zimbabwe te dwing om sy besluit te verander nie.
“Die eensydige besluit deur Zimbabwe om die krane van invoere uit Suid-Afrika toe te draai kan deur sy groot buurman teëgestaan word deur bloot sy ligte af te skakel. Suid-Afrika verskaf Zimbabwe met 300 megawatt krag per dag.” Zimbabwe ervaar tans ’n groot elektrisiteitstekort en rantsoeneer reeds elektrisiteit op ’n daaglikse basis.
“Met Suid-Afrika wat histories op ’n baie diplomatieke manier teenoor sy raserige buurman opgetree het, sal dit as ’n groot verrassing kom indien hy wel so sou optree,” sê die verslag verder, veral met verwysing na die instelling van soortgelyke regulasies deur Suid-Afrika teenoor Zimbabwe.
Die studie sê dit is verder kommerwekkend dat Zimbabwe wel so ’n besluit gemaak het veral teen die agtergrond van ’n toenemende strewe na streekintegrasie in Suider-Afrika.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie