Rugbyspelers verower berg Kenia
Henriette Lamprecht - Afrika se tweede hoogste berg is verower en het sodoende broodnodige bewustheid van wildstropery, veral dié van olifante, aangewakker. Vyf rugbyspelers van die Londense klub Saracens, het Saterdag die piek van berg Kenia bereik om geld vir Space for Giants in te samel. Namibië se strydros en voormalige kaptein, Jacques Burger, sou aanvanklik die groep spelers in hul epiese staptog lei, maar moes weens ’n besering dié keer op die kantlyn sit. As troosprys het Burger, uitgetrede speler van Saracens, Saterdag oor die majestueuse berg gevlieg toe die groep spelers die piek bereik het. Saam bergop was die trofee wat die klub as wenners van die Aviva-premierskap in hul finale wedstryd teen Exeter Chiefs verower het. Die vyf dapper stappers is Mike Ellery (26), Rhys Gill (29), Jim Hamilton (33), Nils Mordt (32) en Ben Ransom (24).
Burger het vroeër in ’n onderhoud gesê hy hoop die uitdaging maak ’n reuseverskil vir Space for Giants, ’n nie-winsgewende organisasie wat in Noordsentraal-Kenia geleë is en daagliks op voetsoolvlak werk om van ’n gebrek aan habitat tot die konflik tussen mense en olifante te takel.
“Ek weet nie veel van die olifantstroopkrisis nie, maar die syfers is skokkend. Iets moet gedoen word om dié diere te help en omdat ek ’n Afrikaan is, is dit iets wat my baie na aan die hart lê. Ek wil hê my kinders moet eendag self oflifante in die natuur sien.”
Volgens Burger is daar nog baie liefdadigheidsprojekte wat hy in Namibië wil aanpak en berg Kenia was maar net die begin. Geld wat tydens die staptog ingesamel is, sal gebruik word om olifante in die natuur te beskerm, asook vir die bestuur van die konflik tussen die mense en olifante.
Na beraming is slegs 400 000 olifante in Afrika oor, met 100 000 wat tussen 2010 tot 2012 deur stropers uitgewis is. Tot 60% van olifantvrektes in Afrika word aan wildstropery toegeskryf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie