Roman eggo Joseph Conrad
Roman eggo Joseph Conrad

Roman eggo Joseph Conrad

Sanet de Waal
Riaan Grobler

“The horror, the horror!”

Dié bekende sterwenswoorde van die karakter Kurtz in Joseph Conrad se klassieke Heart of Darkness eggo in die bladsye van Piet van Rooyen se jongste roman, By die brandende berg.

Daar word selfs in die verbygaan na Kurtz verwys, en aan die einde van dié roman, verstaan jy hoekom.

Sowel Conrad as Van Rooyen se verhale speel in die Kongo af (laasgenoemde s’n deels), waar dié land in albei gevalle gestroop word van enigiets wat waardevol is.

Maar waar slegs die spoke van koning Leopold se magshebbers oorgebly het, het die nuwe “kolonialis” – China – sy tentakels stewig vasgemessel.

Die sentrale karakter – JJ van Solms – verpersoonlik die ewige fortuinsoeker.

Hy laat sy “normale” lewe as regsman en perdeteler in Suid-Afrika agter en word ’n prospekteerder met groot planne om vinnig ryk te word in die mynwese.

Hier het die skrywer ’n verstommende hoeveelheid navorsing moes doen oor geologie, wat in JJ se kennis daarvan blyk.

JJ se kort, onpersoonlike naam is ’n aanduiding van die soort karakter wat hy is. Hy is ’n buitestander, iemand wat hom emosioneel afsonder, wat vriendskappe smee bloot om sy talle, meestal onsuksesvolle, planne tot uitvoering te probeer bring.

Sy enigste sukses is by ’n kobaltmyn in die Kongo wat hy saam met twee Chinese, wat deur die regering aan hom opgedring is, bedryf. Een van hulle probeer hom doodmaak, maar sterf dan wanneer JJ homself verdedig, en die ander Chinese vennoot sweer wraak. JJ moet vlug.

Met sy bloedjong Kongolese vrou, Dominique, en twee klein seuns vestig hy hom uiteindelik in die afgesonderde dorpie Uis, naby die Brandberg in Namibië.

Die mense daar is meestal smokkelaars, wilddiewe en allerlei skurke wat die reeds verlate plek verder probeer stroop.

Hier probeer JJ geld maak uit verskeie mynbedrywighede en probeer ook met diamante smokkel.

Intussen leef hy in vrees vir wanneer die wraaksugtige Jack Huang hom gaan opspoor.

Soos wat sy plannetjies een vir een sukkel om op die been te kom, laat JJ se geldgierigheid, paranoia en diepgewortelde patriargie hom stelselmatig ontwikkel in ’n waansinnige en gewelddadige karakter met geen selfkennis van sy dade en uitwerking daarvan op ander nie.

By die brandende berg is ’n roman met sterk postkoloniale en hegemoniese temas – waar uitbuiting, vergelding, kansvattery, leë beloftes en die illusie van maklike rykdom na vore kom.

· Riaan Grobler is ’n vryskutresensent en redaksielid van News24. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Loading... Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Loading...