Regering nie strydkinders se gyselaar

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Mense kan nie net doen wat hulle wil in ‘n poging om die regering gyselaar te hou nie. Dit was gister die boodskap van die minister vir presidensiële aangeleenthede, mnr. Frans Kapofi, wat saam met die kabinetsekretaris, mnr. George Simataa, terugvoering gegee het oor die jongste verwikkelinge rakende die sogenaamde kinders van die bevrydingstryd oftewel strydkinders.
“Ons is ‘n vredeliewende nasie en ons wil nie hê dat die regering geen ander keuse het as om teen hulle op te tree nie. Daar is egter ‘n vasberadenheid by die regering dat reg en orde gehandhaaf word,” het Kapofi gesê.
Die strydkinders het gister om 07:00 weer die hoofpad tussen Okahandja en Windhoek versper. Hulle het in die Brakwater-omgewing klippe, bottels, pale en padtekens oor ? afstand van sowat 600 m op die B1 geplaas. Hulle het ook van hul tente waarin hulle woon, op die teerpad opgerig en mense wat die pad wou gebruik, verhinder om te ry. Hulle het die voertuie wat langs die pad wou verbyry, met klippe en bottels bestook.
Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, insp. Slogan Matheus, het die polisie die strydkinders ingelig dat dit teen die wet is om ? openbare pad te versper en dat hulle die goed moet verwyder en na hulle kamp moet terugkeer.
“Die strydkinders het geweier en begin om klippe en bottels te gooi. Hulle het ook begin om die polisie te beledig en dit is waarom die polisie vier rookgranate afgevuur het waarna die sowat 250 mense versprei het,” het Matheus gesê.
Daar was wel een man wat op die pad bly sit het en geweier het om te beweeg en hy het die polisie gekonfronteer. Die polisie het hom met geweld verwyder toe die ander weer begin het om klippe en bottels te gooi.
“Die man is toe deur die klippe getref terwyl hy op die teerpad gesit het. Hy het gekla dat hy op sy kop getref is alhoewel ons geen tekens of bloed kon sien nie. Die polisie het hom na die hospitaal geneem en hy is onmiddellik weer ontslaan,” het Matheus gesê.
Nadat die groep na hul kamp by die Ndilimani-kleinhoewe teruggekeer het, het hulle begin om die bosse en gras aan die brand te steek. Hulle het ook voertuigbande in die kamp aan die brand gesteek.
Lede van die groep het gesê dat hulle na die kantoor van die eerste minister wou marsjeer, voordat hulle met motoriste en die polisie slaags geraak het.
“Hulle kom net elke paar maande en vertel vir ons stories van werk wat nooit materialiseer nie,” het een van die strydkinders, mnr. Aaron Gerhard gesê. “Ons is honger.”
Lede van die brandweer is ook weggejaag toe hulle die brande wou blus.
Volgens Mathews is daar twee polisievoertuie deur die klippe beskadig en sal die polisie ondersoek instel om vas te stel of hulle iemand vir opsetlike saakbeskadiging kan aankla. Niemand is gister in hegtenis geneem nie en daar is geen klagte by die polisie ingedien nie.


Soek na oplossings
Kapofi het gistermiddag aan joernaliste gesê die regering is nóú gemoeid met die soeke na ‘n oplossing vir die lot van die strydkinders, soos ook gesoek word na maniere om die ander groot uitdagings wat die land in die gesig staar, die hoof te bied.
Volgens Simataa word die jeugdiges wat instem om na Berg Aukas in die Otjizondjupastreek en Plessiplaas in die Omahekestreek verskuif te word, slaapplek, drie maaltye per dag en opleiding aangebied. Hulle is verder verseker van werk in die staatsdiens sodra hulle hul opleiding suksesvol voltooi het.
“Sodoende word foute van die verlede, toe hulle net tydelike werkgeleenthede aangebied is, nie herhaal nie,” het hy gesê.
‘n Tegniese kabinetskomitee het die 600 strydkinders by Brakwater ingelig oor die voorstelle en op Oshakati het die Oshanastreek se goewerneur, mnr. Clemens Kashuupulwa, dieselfde boodskap oorgedra. Die Oshakatigroep het die aanbod aanvaar en het op 13 Julie na Berg Aukas verhuis.
Die Brakwater-groep was egter nie vir ‘n verskuiwing te vinde nie en het die regering se aanbod op 27 Julie verwerp.
Simataa is Vrydag, vergesel van polisiebeamptes en ander staatsdienswerkers, na die Ndilimani-kamp by Brakwater met die doel om die hele groep te ontmoet en hulle van die kabinetsbesluit in te lig.
Na afloop van die vergadering het sommige van die jeugdiges aangedui dat hulle van die aanbod gebruik wou maak en 84 van hulle is dieselfde dag na Berg Aukas oorgeplaas.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.54/OZ UP +0.34% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.51% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.93/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 912.53/OZ DOWN -0.0037 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.54/OZ UP +0.34% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.51% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.93/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 912.53/OZ DOWN -0.0037