Rassistiese wet nu00e1 88 jaar geskrap
Rassistiese wet nu00e1 88 jaar geskrap

Rassistiese wet ná 88 jaar geskrap

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die langverwagte wetsontwerp op eenvormige huwelikseiendom sal waarskynlik eersdaags in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê word, nadat die kabinet op sy onlangse sitting goedkeuring verleen het.
Dit sal meebring dat die Naturelle Administrasie Proklamasie, nommer 15 van 1928, geskrap word.
Die kabinet het opdrag gegee dat die wetsontwerp na die kabinetskomitee belas met wetgewing vir oorweging gaan, waarna die minister van binnelandse sake en immigrasie dit in die NV ter tafel kan lê.
Die regshulpsentrum (LAC) het 15 jaar gelede, in Augustus 2001, reeds op die ongrondwetlikheid en rassistiese aard van die proklamasie gewys en ’n omvattende memorandum daaroor opgestel.
Siviele huwelike in Namibië is outomaties binne gemeenskap van goedere, tensy ’n paartjie vooraf ’n kontrak met huweliksvoorwaardes opstel wat óf bepaal dat dit buite gemeenskap van goedere is óf by wyse van die aanwasbedeling in die eg verbind word.
Die Naturelle Administrasie Proklamasie, nommer 15 van 1928, bepaal egter dat alle siviele huwelike tussen “inboorlinge” noord van die ou “polisiesone” wat op of ná 1 Augustus 1950 voltrek word, outomaties buite gemeenskap van goedere sal wees, tensy ’n verklaring tot die teendeel afgelê word.
Die proklamasie is steeds van krag in Namibië omdat die Grondwet bepaal dat alle wette wat voor onafhanklikwording in werking was, van krag sal bly totdat dit deur die parlement gewysig of geskrap word of deur ’n bevoegde hof as ongrondwetlik verklaar word.
Volgens die LAC is dié proklamasie ’n duidelike skending van die grondwetlike verbod op diskriminasie op grond van ras.
Dit bring mee dat indien ’n egpaar in die noorde van Namibië sou skei, die vrou geen aanspraak het op enige eiendom wat op die man se naam is nie.
Verskeie voorvalle is ook reeds aangemeld waar ’n weduwee ná die dood van haar man haweloos gelaat word, omdat die man se familie bloot “beslag lê” op sy eiendom en besittings omdat sy wetlik geen aanspraak daarop het nie. Ingevolge die bepalings van die proklamasie het die vrou geen verweer nie, tensy ’n testament bestaan waarin spesifiek aangedui word dat die vrou die volle erfgenaam is óf waar ’n huwelikskontrak bestaan waarin die egpaar aandui dat hulle binne gemeen­skap van goedere getroud is.
Die Suid-Afrikaanse Wet op Huwelikseiendom, Wet 3 van 1988, maak voorsiening vir ’n outomatiese stelsel waarvolgens alle huwelike binne gemeen­skap van goedere is en waar eiendom, wat gesamentlik verwerf is tydens ’n huwelik, gelykop verdeel wanneer ’n huwelik buite gemeenskap van goedere is, tensy ’n duidelike ooreenkoms tot die teendeel vooraf opgestel is.
Ingevolge die Suid-Afrikaanse wet is ’n grasietydperk van twee jaar gegun waarin egpare veranderinge aan hul huwelikseiendom-reëlings kon registreer.
“Dit sal vir Namibië moontlik wees om die Suid-Afrikaanse voorbeeld te volg en ’n wetlike uitweg te bied vir daardie partye wat ingevolge die proklamasie van 1928 getroud is, om hul huweliksreëlings te wysig.”
Vir partye wat ingevolge die Naturelle Administrasie Proklamasie getroud is, kan ’n grasieperiode van twee of drie jaar gegun word waarin hulle die reëling met huwelikseiendom kan wysig deur ’n notariële akte te registreer. Dit sal die duur proses om hof toe te gaan, voorkom, sê Leigh-Ann Agnew en Dianne Hubbard in die 2001-memorandum.­

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A