Rand ry stroom van Fed-optimisme
Ontluikende markte van krag tot krag
Hanlie Stadler - Een ding is seker: ’n Hele paar oorsese makelaars en valutahandelaars gaan hulle oor ’n mik skrik indien die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) vanjaar sy rentekoers verhoog.
Vir eers is amper almal vas oortuig dat dit nie tydens die volgende vergadering van die Fed se opemarkkomitee in September sal gebeur nie en dalk ook nie in 2016 nie.
Ontluikende markte het gisteroggend van krag tot krag gegaan.
“Die rand het die lopie van ontluikende geldeenhede aangevoer deur selfs weer tot R13,25 per Amerikaanse dollar te versterk. Die rand het ook tot selfs R17,30 teenoor die pond en R14,99 teenoor die euro versterk.
Dié lopie kom selfs in weerwil van al hoe meer getuienis dat die Fed reken die Amerikaanse ekonomie regverdig wel ’n rentekoersverhoging.
Uit die Fed se notule van die vergadering van 26-27 Julie, wat Woensdagaand uitgereik is, is dit baie duidelik dat al hoe meer amptenare druk vir ’n koersverhoging vroeër, eerder as later.
Al wat die Fed terughou, is onsekerheid oor of die ekonomie wel sy groei sal volhou, volgehoue lae inflasie en die wêreldwye onsekerheid en trae groei wat onder meer spruit die Britte se stem om die Europese Unie te verlaat.
Nie alle ontleders is darem blind vir die skrif aan die muur nie.
Angus Nicholson van IG in Melbourne, Australië, het volgens Reuters gesê daar is duidelik “sterk onenigheid” binne die Fed oor die tydsberekening van ’n rentekoersverhoging.
In Suid-Afrika stem Wichard Cilliers, hoofverhandelaar van TreasuryOne, saam dat sommige lede van die Fed se opemarkkomitee “jeuk” om die rentekoers te verhoog.
Bloomberg sê termynkontrakte verreken nou ’n 49%-kans van ’n rentekoersverhoging voor einde 2016, nadat dit nog vroeër in die week bo die halfpadmerk was.
Daar is tans ’n 50%-kans dat die rentekoers in Desember verhoog gaan word.
Dr. Janet Yellen lewer op 26 Augustus haar volgende toespraak, die sogenaamde Jackson Hole-toespraak, wanneer die Fed sy jaarlikse konferensie by dié oord in Wyoming hou.
Yellen het nie in 2015 die konferensie toegespreek nie, maar vanjaar sal alle oë op haar wees. Sentrale bankiers van oor die wêreld heen woon die prominente konferensie by.
Volgens Annabel Bishop van Investec sal die rand vinnig verswak indien die Fed of sy amptenare aanduidings gee dat slap monetêre beleid binnekort tot ’n einde gaan kom. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie