Rand bly oor Hillary Clinton se TV-sege
Hanlie Stadler - Die rand het gisteroggend tot selfs R13,47 per Amerikaanse dollar versterk, maar ontleders verwag nie dat dit veel verder sal loop nie.
Teen 12:30 het die rand op R13,54 per dollar verhandel.
Die rand was naas die Mexikaanse peso die geldeenheid wat met die meeste teenoor die dollar versterk het, maar alle ontluikende geldeenhede het ’n goeie oggend beleef.
Die rand se beste sluitingstydvlak in New York vir die jaar tot dusver was die R13,28 wat op 11 Augustus bereik is, maar Wichard Cilliers van TreasuryOne sê die geldeenheid sal ’n stewige “stamp” nodig hê om onder R13,40 deur te breek.
Die lopie word toegeskryf aan optimisme dat Hillary Clinton van die Demokratiese Party die Amerikaanse presidentsverkiesing sal wen, eerder as Donald Trump van die Republikeine.
Clinton word alom bestempel as die wenner in die eerste televisiedebat Maandagaand tussen die twee presidentskandidate. Amerikaners stem op 8 November.
Trump word beskou as meer proteksionisties en sy beleid kan wêreldhandel negatief raak.
Mohammed Nalla van Nedbank se korporatiewe en beleggingsbank waarsku ook dat plaaslike risiko’s die rand kwesbaar hou. Dit sluit in die mediumtermyn-begrotingsraamwerk op 26 Oktober, wat sal aandui of Pravin Gordhan, minister van finansies, die geldkrane versigtig beheer. Daar sal ook gekyk word of hy van die strukturele hervormings wat in Februarie belowe is, begin deurvoer.
“Dit sal die vooruitsig vir kredietgraderingsagentskappe en plaaslike fundamentele faktore beïnvloed.”
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie