President besoek Amerika
Spreek VN op 22 September toe
Pres. Hage Geingob het Saterdag na Amerika vertrek waar hy onder meer die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York sal toespreek.
Die staatshoof het verlede jaar op 29 September sy intreetoespraak tydens die 70ste sitting van die Algemene Vergadering gelewer. Die Algemene Vergadering open vandag en die algemene debat sal vanaf 20 tot 30 September duur.
Tydens sy besoek aan Amerika sal Geingob onder meer openbare lesings by die universiteite van Columbia in New York en Harvard se Kennedy-skool in Boston, Massachusetts, op onderskeidelik 26 en 28 September lewer. Van sy sleuteltemas sal wees sy visie vir ’n nuwe Afrika, met die klem op deursigtigheid en doeltreffende staatsbestuur-hervormings asook grondwetlike demokrasie.
Op Donderdag 22 September sal Geingob die Algemene Vergadering van die VN toespreek.
Geingob sal ook met onder andere die presidente van Portugal en Guyana vir bilaterale samesprekings vergader.
Op 19 September sal hy die jaarvergadering van die Clinton Globale Inisiatief bywoon. Vanjaar se tema vir die geleentheid is “Vennootskappe vir globale welvaart”.
Geingob word vergesel van Namibiese sakelui en sommige ministers vir ’n reeks vergaderings met Amerikaanse sakelui. Op 22 September sal die president die gasheer by ’n Namibië sake-forum wees, wat die voorloper is van ’n beleggingskonferensie wat in November in Windhoek aangebied word.
Die presidentsgade, me. Monica Geingos, die adjunk eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah; die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein; die minister van myne en energie, mnr. Obeth Kandjoze; die minister van ekonomiese beplanning, mnr. Tom Alweendo; die minister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Immanuel Ngatjizeko; die minister van arbeid en nywerheidsbetrekkinge, mnr. Erkki Nghimtina, en die minister van binnelandse sake en immigrasie, me. Pendukeni Iivula-Ithana, sal die president vergesel.
Die president keer weer op 4 Oktober na Namibië terug.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie