Polisie-optrede ‘klap in gesig’

Henriette Lamprecht

Henriette Lamprecht – Om weer van aangesig tot aangesig te kom met die man wat haar na bewering as kind vir jare verkrag het, was niks in vergelyking met die klap in die gesig wat sy van die Namibiese polisie gekry het nie.
Van me. Lucy Witts se poging om ’n klag van verkragting teen haar 63-jarige Serwiese stiefpa, mnr. Dragan Vujicin, in Swakopmund in te dien waar die beweerde voorvalle plaasgevind het, het tot dusver niks gekom nie.

Vujicin staan op die vakansiedorp tereg op vier klagte van molestering van vier voorskoolse meisies van die Mondesa-woonbuurt. Hy het onskuldig gepleit en was vir ’n jaar in aanhouding totdat hy in Maart verlede jaar op borgtog vrygelaat is. Hy woon steeds in Mondesa.

In ’n onderhoud met Republikein het Witts, ’n rolprentmaker wat ’n dokumentêre rolprent oor 'n onderhoud met haar stiefpa gemaak het, gesê sy het ’n klag van haar eie in September verlede jaar teen Vujicin probeer aanhangig maak. Dit was gebaseer op die feit dat die Namibiese grondwet geen beperking plaas op die tyd wat verloop sedert ’n misdaad en die rapportering daarvan nie.

Witts, wat huidig in Suid-Afrika woon, het ’n ondertekende verklaring aan die polisie tesame met van die beeldmateriaal van haar onderhoud met Vujicin oorhandig.

Volgens Witts was die beamptes egter nie in die beeldmateriaal geïnteresseerd nie.

“Ek het tot op hede nog nooit die saak geopen nie. Ek is deur ’n maatskaplike werker op whatsapp laat weet hulle gaan nie ’n saak aanhangig maak nie, omdat ek volgens hulle nooit my verklaring vir hulle gegee het nie.”

Ook het die oortreding tussen 1976 en 1985 plaasgevind toe Suid-Afrika in beheer van Namibië was en die polisie het nou “geen gesag” om Witts se saak te open nie.

“Ek oordryf nie as ek sê dit was vir my ’n nagmerrie nie. Om Dragan (Vujicin) van aangesig tot aangesig te sien, was niks in vergelyking met die klap in die gesig wat ek van die polisie en die stelsel vir maatskaplike dienste in Namibië ervaar het nie. Dis moeilik om dit in woorde te beskryf, omdat dit vir my so baie, baie moeilik is om te aanvaar.”

Volgens Witts is haar enigste motivering om ’n saak van haar eie aanhangig te maak om sodoende te probeer dat Vujicin weer in hegtenis geneem word en dus “van die strate geneem word waar hy steeds aktief is”.

“In sy eie woorde het hy gesê hy is ‘soos ’n roofdier, soos ’n leeu, wat by ’n watergat lê en na die bokkies kyk en besluit watter een gaan ek vanaand hê.’”

In die meer as twee jaar wat Vujicin verhoorafwagtend en uit op borgtog is, is Witts vas daarvan oortuig dat hy met sy gruweldade sal voortgaan.

“Ek is doodseker daarvan. Dis vir húlle wat ek wou beskerm deur hom weer in hegtenis te laat neem, maar die polisie stel nie belang nie.”

? Gefrustreerde Witts sê sy sou hoop met die beeldmateriaal en haar verklaring wat voltooi is lank voordat sy die onderhoud met Vujicin gevoer het, sou dit ’n “uitgemaakte saak wees wat die polisie kon vier”.

“Maar nee. Niks. Geen belangstelling hoegenaamd nie.”

Volgens Witts is sy tydens die oorhandiging van haar verklaring na twee jong speurders verwys wat haar storie “opgeslurp het en vir meer as ’n uur na die beeldmateriaal gekyk het.

“Na ’n uur het hulle gesê hulle is eintlik nie die regte mense om my verklaring af te neem nie, maar dat hulle die regte mense na my toe sal stuur.”

Twee dae ná herhaaldelike besoeke aan die polisiekantoor met verskeie afsprake wat nie deur beamptes nagekom is nie, het twee vrouebeamptes ingestem om haar te ontmoet. Nadat hulle haar verklaring afgeneem en na die beeldmateriaal gekyk het, was die antwoord: “Maar dit gaan oor jou, nie die ander kinders wat hom beskuldig nie”.

“So asof dit dit minder belangrik of toepaslik maak. Wie is ek in elk geval?”

Met hul vertrek is beloof dat hulle die verklaring die volgende dag sou “klaar lees” en dat Witts dit dan moet onderteken.

Witts sou die volgende dag na Suid-Afrika terugkeer en het aangebied om onderweg weer by die polisiekantoor aan te doen. Dit is egter deur die beamptes as “onnodig” beskou.

Met haar aankoms in Kaapstad het sy ’n oproep van een van die beamptes ontvang dat sy haar verklaring moet ondersteken, dit moet skandeer en terugstuur, wat Witts onmiddellik gedoen het.

Dit was egter die laaste keer wat sy enige woord van die polisie gehoor het.

Witts is deur ’n vriend na ’n maatskaplike werker verwys wat gesê het die saak gaan nie aanhangig gemaak word nie.

“Ek weet dat ek Namibië toe sal moet vlieg om te probeer om die saak weer te open, met geen waarborg dat enigiets sal gebeur nie.”

Volgens Witts het sy nie ’n enkele ondervinding met enige polisiebeampte wat by haar enige vertroue inboesem dat stappe wél gedoen sal word nie.

“Hulle beweeg asof hulle op ’n stadige beweging knoppie funksioneer. Hulle praat met absolute gebrek aan belangstelling en tref geen verband tussen die belangrikheid daarvan en die beskerming van die samelewing nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.70/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.81% | Zinc US$ 2 875.10/T UP 0.73% | Brent Crude Oil US$ 89.32/BBP UP +0.48% | Platinum US$ 918.18/OZ UP +0.25% Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.70/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.81% | Zinc US$ 2 875.10/T UP 0.73% | Brent Crude Oil US$ 89.32/BBP UP +0.48% | Platinum US$ 918.18/OZ UP +0.25%