Padveiligheid onder die loep
Padveiligheid onder die loep

Padveiligheid onder die loep

Nuwe wetgewing vorder om 'n oorkoepelende padveiligheids­agentskap op die been te bring.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Regsnavorsing- en Ontwikkelingskommissie (LRDC) maak vordering met 'n nuwe padveiligheidsbestuurwet wat 'n nuwe, oorkoepelende padveiligheidsagentskap in Namibië sal vestig.

Me. Yvonne Dauseb, voorsitter van die LRDC, het dié week gesê die agentskap sal onder die toesig van die eerste minister se kantoor val en afdelings soos NaTIS sal direk daaronder werksaam wees. Dauseb was aan die woord by die sesde nasionale padveiligheidskonferensie.

Dié jaarlikse konferensie is vandeesweek in die hoofstad gehou waar belanghebbendes en rolspelers in plaas­like padveiligheid van Maandag af beraadslaag het oor oplossings vir die voortdurende toename in ongelukke, sterftes en beserings op Namibië se paaie. By die opening van die konferensie het mnr. Alpheus !Naruseb, minister van werke en vervoer, gesê die land se reputasie as een van die gevaarlikste plekke ter wêreld om te bestuur, is betreurenswaardig.

“Dit is 'n reputasie wat ons nie wil hê nie,” het hy gesê. Volgens die minister het die kabinet in 2016 reeds opdrag gegee dat padveiligheid in die land verbeter moet word.

“Ek versoek dat die Nasionale Padveiligheidsraad (NRSC) alle rolspelers betrek om dit strategies toe te pas en die doelwitte daarvan na te kom,” het hy gesê.

Van die kommerwekkende statistieke wat aan die lig gekom het, is dat 40 meer mense vanjaar reeds in padongelukke gesterf het as oor dieselfde tydperk in 2016 (543 in 2017 teenoor 503 in 2016). Gelukkig het die totale hoeveelheid ongelukke van 3 032 tot 2 823 verminder en 5 074 mense is beseer in vergelyking met 5 236 in 2016.

Rolspelers wat deelgeneem het, sluit in die Namibiese polisie (Nampol), goewerneurs van verskeie streke, die Walvisbaai-korridorgroep, die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF), die Namibiese Universiteit van Weten­skap en Tegnologie (Nust), Windhoek se stadspolisie, die Paaieowerheid (RA), die Private Sektor Padveiligheidsforum (PSRSF) en plaaslike versekeraars.

Verskeie nuwe benaderings oor padveiligheid is bespreek, soos onder meer vordering met die ontwikkeling van 'n toep deur Nust-studente om die stuur van SMS-boodskappe terwyl jy bestuur, te vermy. Padveiligheidsinisiatiewe op Swakopmund, Walvisbaai, Hentiesbaai, Keetmanshoop en Otjiwarongo is ook bespreek.



ALKOHOL SE ROL

Mnr. Paul Ludik, hoof van Nampol se nasionale forensiese wetenskapinstituut, het verwys na hul studie oor die impak van alkohol op Namibiese voertuigbestuurders.

Volgens die studie is slegs 4% van bestuurders wat tussen 2011 en 2013 in 9 933 ongelukke betrokke was vir alkohol getoets. Uit diegene wat getoets is, was 94,6% onder die invloed van alkohol.

Uit húlle het 87,9% meer as 0,08 g per 100 ml alkohol in hul bloed gehad.

Volgens die Namibiese Padverkeer- en vervoerwet nr. 22 van 1999 word net 0,079 g per 100 ml vir die bestuurder van 'n voertuig toegelaat.

Volgens Ludik is dit reeds meer as wat in die meeste lande ter wêreld toegelaat word.

Die studie dui volgens hom daarop dat Namibië 'n handleiding oor bestuur onder die invloed van alkohol moet saamstel en dat alle bestuurders vir alkohol getoets moet word.

Nampol moet 'n standaardtoets vir nugterheid ontwikkel en meer lukrake toetse op die land se paaie uitvoer, beveel Ludik aan.

Hy sê wydverspreide alkohol- en dwelmtoetse met 'n vinnige intervensiestrategie moet ontwikkel word om risikobestuurders te identifiseer.

Ludik sê Namibiese howe moet gereelde oortreders se bestuurslisensies opskort om dronkbestuurongelukke te verminder.

Hy sê die publiek moet beter ingelig word van die toepaslike wette en wets­toepassing.

Volgens hom moet die wet ook bepaal wat 'n standaardeenheid drank is en dit moet op alkoholiese verversings aangedui word.

Ludik vereis 'n nasionale databasis van inligting oor padongelukke sodat belangrike inligting by ongelukstonele nie verlore gaan nie.

Voorts meen hy die minister van ­justisie moet dranklisensies beperk, die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling moet die verkoop van drank by vulstasies verbied en die ministerie van veiligheid en sekuriteit moet die rehabilitasie van alkohol- en dwelmmisbruikers in tronke waarborg. Meer soortgelyke navorsing is nodig, sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%