Oudsoldate stel vredesmars af
Augetto Graig
Die Namibia Ex-Soldiers Organisation wat oudsoldate verteenwoordig wat gedurende die onafhanklikheidstryd aan die kant van Suid-Afrika geveg het, het die vreedsame gedenkgeleentheid gekanselleer wat vandag as deel van die internasionale dag van vrede in Windhoek sou plaasgevind het.
Stigters Jacobus Andrew en Karel Scheepers wil lede wat van oral in die land sou reis, inlig om nie meer hoofstad toe te kom nie.
Volgens Scheepers moes die geleentheid gekanselleer word weens die regering se negatiewe reaksie hierop. Ten spyte van vroegtydige amptelike uitnodigings wat in Julie gestuur is, het die organisasie slegs van die Namibiese polisie en die Verenigde Nasies terugvoering gekry.
‘Uitnodigings geïgnoreer’
Albei was tegemoetkomend en die polisie het die marsroete goedgekeur, terwyl die VN se plaaslike koördineerder, me. Kiki Gbeho, ingestem het om by die geleentheid op te tree.
Ongelukkig het die kantoor van die visepresident, die ministerie van veterane sake, die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, dié van veiligheid en sekuriteit en dié van verdediging almal die uitnodiging geïgnoreer. “Ons kan die dag nie vier nie weens die stilswye van die ministeries,” sê Scheepers.
Andrew was meer spesifiek hieroor: “Ons vrees die reaksie van die regering as ons voortgaan. Sou ons mars en mense in hegtenis geneem word, het ons geen geld vir prokureurs nie. Kyk wat het laas op Rehoboth gebeur. As die polisie opdrag kry om ons mense met rubberkoeëls te skiet en daar is ’n stormloop, sal hulle die skuld op ons pak,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie