Otjivero-ruiters presteer op Bredasdorp
Perdesport
Ruiters van Ojivero uithouritklub het onlangs aan die 160 km drie-ster FEI en 120 km twee-ster FEI Tip of Africa rit op Bredasdrop gaan deelneem.
Die twee dae se ritte is deur die Wes-Kaap Uithouritklub aangebied.
Ná vele gesukkel om die vereiste permitte betyds te ontvang, is die klomp weg uit Gobabis. Omdat Bredasdorp (Wes-Kaap) ’n gebied vry van perdesiekte is, moes die Namibiese perde vir twee weke in kwarantyn staan voordat hulle mag vertrek het. Op Springbok is hulle opnuut in kwarantyn gehou totdat die bloedtoets uitslae vanaf Oudtshoorn teruggekom is. Nadat almal negatief vir perdesiek bevind is, kon hulle die laaste ent pad van Springbok na Bredasdorp aandurf.
Die ruiters en perde het in die kompetisie baie goed presteer. Dit was ’n baie tegniese baan en dit het weereens die goeie ruiterskap van die Otjivero-ruiters gewys. Al die perde wat deelgeneem het, behoort aan El Shakir stalle van Heidi Pienaar. Pierre de Wit en Heidi was ook die afrigters van die perde.
Die uitslae was soos volg:
FEI 3* 160 kilometer
1. Lanel van Nieuwenhuizen met El Shakir Elohim, 09:43:02
2. Surina de Wit met El Shakir Nigero, 09:49:32
Surina het ook die toekenning vir die bes voorbereide perd oor 160 km ontvang.
FEI 2* 120 km
1 Jonel Coetzee met El Shakir Khan, 07:33:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie