Openbare diplomasie en media kan land se beeld bou
Openbare diplomasie en media kan land se beeld bou

Openbare diplomasie en media kan land se beeld bou

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Namibië moet waak teen dinge wat die land se beeld skade kan berokken. So sê die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), mnr. Graham Hopwood. Hy het Donderdag aan ‘n paneelbespreking oor openbare diplomasie en die media deelgeneem. Die bespreking het deel gevorm van die konferensie om Namibië se buitelandse beleid te hersien.
“Parlementslede beskou hulself nie as diplomate nie, maar wat hulle doen en sê, word deur die buitewêreld gehoor en gesien. Wanneer wetgewing, soos die wysigingswetsontwerp op burgerskap, binne drie dae deur die parlementêre proses gestoomroller word, sonder dat die opposisie in staat is om die regerende party te beïnvloed, stuur dit nie ‘n goeie boodskap nie,” het Hopwood gewaarsku.
Hy het diplomate ook gemaan om versigtig te wees wat hulle op sosiale media sê. Dit help nie om te spog met dinge wat nie waar is nie.

Volg goeie voorbeelde van ander lande na
Hopwood het die Franko-Namibiese kultuursentrum, die Goethe Instituut en ander Duitse institute as voorbeelde genoem van hoe ander lande in Namibië openbare diplomasie aanwend en gesê Namibë moet daaruit leer en kyk watter voorbeelde die land kan volg.
Verlede jaar het Namibië se ambassadeur in Japan besluit om ter viering van die nasionale dag, eerder as om 'n skemerkelkpartytjie aan te bied, 'n reeks lesings aan te bied waarby Hopwood betrokke was. Van Japan se toekomstige leiers het dáár van Namibië geleer en van die land kennis geneem. Volgens Hopwood is dit een manier om openbare diplomasie ter bevordering van die land se beeld in te span.
Hopwood het die regering aangemoedig om eerder die status van hoë middelinkomste staat ten goede te gebruik om die land te bemark, eerder as om te hunker na die laer inkomste status, wat meer skenkershulp sou verseker. “Die hoë middelinkomste status bring mee dat skenkershulp verminder en ons beweeg weg van die tendens waar ander lande die agenda bepaal. Ons word gevolglik meer onafhanklik en daar kan nie aan ons voorgeskryf word nie,” het hy gesê.
Namibië se handhawing van menseregte, mediavryheid en die toon wat Namibië aangegee het om die eerste land in Afrika te word waar elektroniese stemtoerusting gebruik is, is volgens hom prysenswaardig en kan help om Afrika-stereotipes af te breek.

Moenie menseregte ter wille van diplomasie ignoreer
Die voormalige redakteur van The Namibian en kampvegter vir mediavryheid, me. Gwen Lister, het daarop gewys dat diplomasie in die vóóronafhanklikheidsera iets was wat net in die hande van die regering was. Net die dapperes het gewaag om dit te bevraagteken. In die Koue Oorlog was Rusland en Amerika die hoofrolspelers. Bevrydingsbewegings was beskou om aan die kant van die kommunistiese wêreld te wees.
" In 'n poging wat 'n brug tussen hierdie blokke moes bou, het die groep van onverbonde lande ontstaan en Namibië was by definisie deel van die groep. Ná onafhanklikwording het die land 'n lid gebly soos pres. Hage Geinob dit stel: ‘Namibië is ‘n vriend van almal en niemand se vyand nie.’”
“As dit beteken dat menseregteskendings verontagsaam word, moet weer hieroor nagedink word,” het Lister gemaan.
Met verwysing na die 1991-konferensie oor mediavryheid wat tot die aanvaarding van die Windhoek Verklaring gelei het, sê sy ‘n beroep is destyds op alle regerings in Afrika gedoen om vrye media toe te laat. “Die regering is vandag baie trots op die feit dat Namibië die land met die topmediavryheid in Afrika is.”
“Vroeër die week is gesê sosiale media ondermyn geheime diplomasie. Dit is 'n teken dat meer openlikheid nodig is,” het sy gesê.
Die stilswye van die regering oor outoritêre regerings soos in Burundi, Gambië en Zimbabwe, is ook deur haar bevraagteken en sy het diplomate aangeraai om die waardes na te streef wat Namibiërs na aan die hart lê.

Almal is diplomate en dra handelsmerk van die land na buite
Amb. Andreas Guibeb, wat namens die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Maureen Hinda, gepraat het, het op sy beurt gesê openbare diplomasie moet gebruik word om dialoog te vestig om die land se openbare beeld te bou en internasionale aansien te verbeter.
Hy het dit beskryf as ‘n optrede waardeur betroubaarheid gevestig word en sê dit is krities om 'n veilige, globale omgewing te skep.
‘n Land se handelsmerk strek verder as net die nasionale vlag en die volkslied en sluit ook dinge in waarmee die land geassosieer word.
“Daar is verskillende rolspelers wat die beeld van 'n land vorm. Dit begin by die president, die ministers, die diplomate en ook die burgers, die sportsterre wat die land wêreldwyd verteenwoordig, Namibiese toeriste in die buiteland en sakelui wat deur middel van hul optrede die nasionale handelsmerk uitbeeld,” het Guibeb gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.55/OZ UP +1.00% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 439.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 897.74/OZ UP +0.32% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.55/OZ UP +1.00% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 439.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 897.74/OZ UP +0.32%