Oorlewing op die spel vir WHS, Walvisbaai

Die wenspan in dié uitklopstryd kan deur ambisie, opportunisme en die beperking van foute bepaal word.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Rugbyspanne van altesame 21 skole vanoor die land sal vandag en môre in die hoofstad by die Hage Geingobstadion asook by Windhoek Gimnasium se veld saamtrek vir die kwarteindronde van die 2019 Momentum-ligas vir hoërskole.

Die opwinding skop reeds vandag om 14:00 by die Hage Geingobstadion af en sal môreoggend om agtuur by Gimnasium in Kleine Kuppe en om 09:00 by die Geingob-stadion voortgesit word.

Hoewel die seuns vanaf die o.14- tot o.19-ligas dit om 'n plek in die semifinale gaan uitspook, is dit beslis die botsing môre om 15:20 by die stadion tussen Samsung Windhoek Hoërskool se Koedoebulle en Namib Diesel Walvisbaai Privaat Hoër­skool se Naartjies wat die meeste belangstelling wek.

Die Koedoebulle en Naartjies het ná agt groepwedstryde van die Momentum o.19-premierliga onderskeidelik vierde (59) en vyfde (50) op die punteleer geëindig. Hul uitspeelstryd môre is om die wenner te bepaal wat tot die semifinaal sewe dae later teen die eerste geplaaste Rubicon Tsumeb Gimnasium (66 punte) deurdring.

Die verdedigende kampioen KMC/JCC Windhoek Affies (tweede, 65) en die Schoemans-groep Windhoek Gimnasium Leeus (derde, 60) loer reeds vir mekaar in die ander halfeindstryd.

Die Koedoebulle en Walvisbaai het in Mei vanjaar hul liga-ontmoeting by WHS se FNB Vegkopstadion gehad. Hoewel die Naartjies die kragmeting met 26-23 gewen het, het die ligbloues in die laaste minute hard en vinnig teruggeslaan en so byna die eindtelling in hul guns geswaai.

WHS het ook verlede naweek op Vegkop gewys wat hy kan doen toe hy Tsumeb Gimnasium met 46-20 oordonder het. Selfs die strafskoptelling van 9-3 teen WHS kon nie die seuns se geesdrif en konsentrasie verbreek nie.

Hierteenoor het die Naartjies se veldtog effens ontspoor toe hulle in hul voorlaaste groepwedstryd teen Pro-Ed Akademie met 24-22 vasgeval het. Die manne van Walvisbaai beskik oor 'n giftige agterlyn met gevaarlike snellers en spelskeppers wat van enige plek op die veld 'n aanval kan loods.



EWEKNIEë KYK TOE

Republikein het die ander sewe skole wat in die o.19-premierliga deelgeneem het, versoek om 'n bood­skap vir WHS en Walvisbaai te stuur.

Mnr. Karl Cookson, afrigter van Hoërskool De Duine, sê: “Namens die afrigtingspan van De Duine, kaptein en spelers wil ons julle gelukwens op jul kwarteindrondte in die Superliga. Dit het harde werk gekos en nou lê daar 'n harde wedstryd voor.

“Ek vra dat ons Hemelse Vader elke voertuig en speler bedek onder Sy hand van beskerming vir 'n veilige pad en beseringsvrye wedstryd. Aan WHS en Walvisbaai, julle manne het dié seisoen van krag tot krag gevorder. Spesiaal aan WBPHS – gaan en geniet die wedstryd en maak ons kusdorp trots. Kom wat wil, rugby moet seëvier en mag die beste span wen.”

Mnr. Loutjie Grobler van OK Foods Privaatskool Moria op Outjo sê: “Baie sterkte vir Walvisbaai en WHS. Mag die beste span wen.”

Pupkewitz Haval Privaatskool Elnatan: “Wat 'n wonderlike voorreg om deel te kan wees van hierdie vriendskapsbande wat ons met WHS en Walvisbaai het. Ons wens vir beide spanne baie sterkte met jul wedstryd toe. Ons weet dit gaan kliphard wees en dat geen genade gegee of gevra gaan word nie. Die span wat die minste foute maak, hul kanse die beste gebruik en dit die graagste wil wen, glo ons sal as wenners van die veld afstap,” laat weet mnre. Wessel Pienaar en Johan Adriaanse van Stampriet af.

Corné Esterhuyzen, senter en kaptein van Elnatan: “Baie sterkte en ons wens julle 'n lekker wedstryd sonder beserings toe. Ons glo dat die Here ons almal roep om Sy getuies te wees. Ons moet Sy dissipels op en van die rugbyveld wees. Mag die beste span wen!”

Wikus Grobler en JP Judeel, afrigtingspan van Pro Ed Akademie op Swakopmund: “Sterkte aan beide spanne. Gaan groot manne, mag die beste span wen.”

Johan Zaayman, hoofafrigter van Affies: “Aan WBHPS en WHS, sterkte manne, dié tyd van die seisoen is elke wed­stryd natuurlik 'n senutergende storie. Ons weet sommer dit gaan 'n aanskoulike wedstryd wees.”

De Wet Oosthuizen, flank en kaptein van Affies: “Ek wil graag baie sterkte aan WBHPS en WHS toewens en hoop dat altwee spanne die wedstryd sal geniet en beseringsvry deur dit kom. Ons sien uit na 'n goeie wedstryd.”

Jaco Engels, hoofafrigter van die Windhoek Gim se Leeus: “ Dit gaan 'n ongelooflike taai en opwindende botsing wees!”

Die Naartjies sê: “Doen wat jy doen tot eer van God” (Whatever you Do, Do all for the Glory of God.)

WHS se hoofafrigter, Henry Kemp, voorspel: “Dit gaan taai wees. WHS sukkel nou al die afgelope ses jaar om Walvisbaai te klop. Ons word nie veel van 'n kans teen hulle gegun nie, maar ons moet maar die naweek kyk wat realiseer. Die manne het goed voorberei en hopelik kan ons vir 'n verrassing sorg en die ding doen.”

Walvisbaai Naartjies: 1 Luaan Karsten, 2 Jano Otto, 3 Etienne Beukes,

4 Niel Brand, 5 Roelof van Niekerk, 6 John Faul (onderkaptein), 7 Brand Davids, 8 Divan van Vreden, 9 Johan van der Merwe, 10 Eli Engelbrecht, 11 Curyn Blizzard, 12 Victor van der Watt, 13 Dian Neethling,

14 Ethan Hendricks, 15 Scott Winborn. ­Reserwes: Anco Snyman, Alexander Jansen, Henri Rossouw, Jacques Simon, Drian Derks, Jason Wellman, Lucio Isaacs, Ashley Mclobo.

WHS Koedoebulle:

1 Daniel Opperman,

2 JC Rossouw, 3 Iyambo Tshuuya, 4 Riaan Grové,

5 Frans Grobbelaar,

6 Rikus van Staden,

7 Donovan Resandt,

8 Erik Strauss (kaptein),

9 Tyreese de Wee,

10 Raschano van Rooi, 11 Emil Weder, 12 Zian van Wyk, 13 Maandero Haimbodi (onderkaptein), 14 Patrick Karsten, 15 Geraldo Beukes.

Reserwes: Jacques Maree, Edmando Coetzee, Conwil Draghoender, Rowan Jansen, Forche Windstaan, Joubert Steyn, Keanan Walters, Dylan Denysschen.

Die bepalings vir die kwarteindstryde:



VANDAG BY HAGE GEINGOB-STADION

14:00 HTS I tn WAP II (o.19C)

15:20 Dr. Lemmer tn WHS B (o.14B)

16:20 Dr. Lemmer tn Windhoek Gimnasium B (o.15B)

17:20 M&K Gertze II tn Gobabis Gimnasium I (o.19D)

18:40 M&K Gertze I tn Windhoek Gimnasium III (o.19C)

20:00 Jan Möhr I tn Windhoek Gimnasium II (o.19B)



MôRE BY WINDHOEK GIMNASIUM

08:00 Academia I tn Rehoboth I (o.19D)

09:20 Delta tn Tsumeb Gimnasium (o.15B)

10:20 Delta I tn Dr. Lemmer II (o.19D)

11:40 KPS tn Pro-Ed Akademie (o.15B)

12:40 HTS II tn Grootfontein I (o.19D)



MôRE BY HAGE ­GEINGOB-STADION

09:00 Grootfontein Agri College tn Okahandja Skole (o.15B)

10:00 Walvisbaai II tn Mariental Skole I (o.19C)

11:20 Grootfontein Agri College I tn WHS III (o.19B)

12:40 PK de Villiers I tn WHS II (o.19B)

14:00 Dr. Lemmer I tn Moria II (o.19B)

15:20 Walvisbaai I tn WHS I (o.19 Superliga)

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.6 | EUR to NAD 20.28 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 349.19/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.89% | Zinc US$ 2 893.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 89.23/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 914.51/OZ DOWN -0.0015 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.6 | EUR to NAD 20.28 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 349.19/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.89% | Zinc US$ 2 893.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 89.23/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 914.51/OZ DOWN -0.0015