Onthoornde renosterhorings gesteel
Francoise Steynberg - Drie verdagtes is vas nadat hulle met twee horings betrap is van 'n renoster wat in 2014 in die Etosha Nasionale Park onthoorn is.
Dié bevestiging kom van genl.maj. James Tjivikua, adjunk- inspekteur-generaal van operasies van die Namibiese polisie, gister in die Etosha Nasionale Park.
" Twee renosterhorings is in die besit van 'n Namibiese burger en twee Zambiërs deur die Zambiese owerheid tydens hul inhegtenisneming gevind. Deur middel van die mikroskyfies wat in die horings gevind is, is bevind dat dit afkomstig is van 'n renoster wat in 2014 in Etosha onthoorn en met 'n mikroskyfie toegerus is," het Tjivikua gesê.
Ander suksesse wat volgens hom tydens die voortgaande teenstropery-operasie, Yesa Ongava, van die vierde fase vanaf Maart tot Junie behaal is, is agt mense wat in hegtenis geneem is in verband met verskeie klagte verwant aan renosterstropery en dergelike misdade. Voorts is 12 vuurwapens in gebiede aanliggend aan die park gekonfiskeer en vir ballistiese toetse gestuur.
" Drie renosterkarkasse met hul horings is ontdek en deur middel van verdere ondersoek is die koeëls in die karkasse gevind," het Tjivikua gesê.
Volgens hom is ses renosterhorings van agt verdagte mense in Windhoek gekonfiskeer en die " voorlopige ondersoek dui daarop dat hierdie horings afkomstig is van renosters wat in Etosha gestroop is" .
Tjivikua het die bevelvoerder van die vyfde fase van die teenstropery-operasie, komm. Armas Shivute van die Otjozondjupastreek, verwelkom en die bevelvoerder van die vierde fase, komm. Anna-Marie Nainda van die Oshikotostreek, vir haar suksesse bedank.
Voorts het hy 'n beroep op die publiek gedoen om met enige inligting oor renosterstropery vorendag te kom.
" Hierdie onwettige aktiwiteite het 'n negatiewe impak op ons sosioëkonomiese ontwikkeling en bedreig die bestaan van hierdie unieke spesie wat die middelpunt van ons toerisme-aanloklikhede is," het Tjivikua gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie