Onderwys kry ster-toekenning
Die Nasionale Raad vir Hoër Onderwys (NCHE) het in Genève, Switserland, ’n internasionale toekenning vir toewyding tot gehalte, leierskap, tegnologie en innovering ontvang.
Die Internasionale stertoekenning vir gehalte in die goue kategorie is deur Business Initiative Directions (BID) wat in Spanje gebaseer is, aan die NCHE toegeken.
Die president van BID, mnr. Jose E. Prieto, het die toekenning wat internasionaal erken word, aan dr. Kalumbi Shangula, voorsitter van die NCHE, oorhandig. Shangula is van mnr. Mocks Shivute, uitvoerende direkteur van die NCHE-sekretariaat, vergesel.
Ander instellings wat met soortgelyke toekennings vereer is, sluit die Lagos-universiteit se opleidingshospitaal in Ikeja, Nigerië, Mirage Haute Couture in Algerië in die mode-kategorie, sowel as die Universiteit van Onderwys in Winneba, Ghana, in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie