Nuwe toernooi maak opwagting
Gholf
Tielman van Lill
Die Windhoek Lager Toernooi van Kampioene en die Windhoek Buiteklub se medaljekampioenskap is deel van ’n reeks gholfkompetisies wat gedurende die jaar aangebied word.
Die twee kampioenskappe bereik hul hoogtepunt wanneer twee spanne van die onderskeie kompetisies mekaar op 12 en 13 November by die Buiteklub se gholfbaan pak.
Die Windhoek Lager Monthly Medley bestaan uit agt kompetisies waar spelers die keuse het om volgens die medalje- of stableford-formaat te speel en punte volgens hul posisies verdien. Die spelers met die meeste punte in die medalje-formaat sal aan die einde van die seisoen as die Windhoek Lager Medalje-kampioene bekroon word.
Om vir die kampioenskapstitel in aanmerking te kom, moet ’n speler aan minstens vyf van die agt byeenkomste deelneem. Indien ’n speler aan al agt deelneem, sal net sy beste ses byeenkomste in aanmerking geneem word.
’n Aparte merietelys gebaseer op stablefordpunte wat in elke toernooi behaal word, sal bygehou word om die voorste 24 spelers in die reeks te bepaal. Dié spelers sal in twee spanne verdeel word wat onderskeidelik deur die klub se voorsitter en die klubkaptein gelei sal word. Dié twee spanne sal mekaar op 12 en 13 November in ’n gemengde putjiespelkompetisie die stryd aansê.
Windhoek Lager borg die reeks byeenkomste, terwyl die Toernooi van Kampioene ook deur die Windhoek Gholf- en Buiteklub ondersteun word. Hierdie kompetisie het die potensiaal om na ander klubs in die land uitgebrei te word en kan selfs internasionaal aanvaar word. Die borg, Windhoek Lager, sal dié opsie oorweeg wanneer die 2016-byeenkoms suksesvol afgehandel is.
Die huidige merietelys vir beide die medalje-kampioenskap en Toernooi van Kampioene kan op die kennisgewingbord by die Buiteklub se gholfklub gesien word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie