Nuwe era vir SOEu2019s
Nuwe era vir SOEu2019s

Nuwe era vir SOE’s

Catherine Sasman
Catherine Sasman - ‘n Seismiese verskuiwing in die wyse waarop staatsondernemings (SOE’s) oor die afgelope jare tot ‘n groot mate wanbestuur is, is op pad met die aankondiging van ‘n meer gesentraliseerde en beheerde bestuursmodel.
Die minister van staatsondermings, mnr. Leon Jooste, het gesê met dié spelbreker gaan die dubbele bestuursmodel vervang word met ‘n gemengde bestuursmodel waar direksies en besture van SOE’s baie meer verantwoordbaar gehou gaan word.
Hy het gister die aankondiging gemaak, presies 16 maande ná die instelling van die ministerie, en, soos Jooste dit stel, 16 maande waarin die “mislukking van die dubbele bestuursmodel ervaar is”.
Onder die dubbele bestuursmodel was die lynministeries “afrigter, skeidsregter en speler” met moontlike konflik van belange sowel as ‘n ondoeltreffende toesighoudende beheerliggaam (SOEGC) wat uit ‘n kabinetskomitee bestaan het.
“Die model wat ons voorstel, is voor die hand liggend in die ewolusie van bestuur van SOE’s en vorm die mees ideale balans tussen wat revolusionêr, maar subtiel is,” het Jooste gesê.
Hy het bygevoeg: “Nie baie Namibiërs sou sê hulle is gelukkig oor hoe SOE’s bestuur is nie.”
Die voorstel om die gemengde bestuursmodel in te stel, is Dinsdag aan die kabinet voorgelê en “baie positief” ontvang, ook deur die meerderheid direksies en besture van die 72 SOE’s wat oor die beplande veranderinge geraadpleeg is.
Die voormalige voorsitter van die SOECG en nou permanente sekretaris in die ministerie, mnr. Frans Sheehama, het die gebrekkige bestuur van SOE’s toegeskryf aan die dubbele bestuursmodel.
“Die stelsel het nie gewerk nie; daar was baie uitdagings,” het Sheehama gesê.
Jooste het gesê daar word steeds probleme by SOE’s ervaar, maar die ministerie beskik nou oor die mandaat en tegniese vaardighede “om te doen wat die beste is”.
“Ons is nie naïef nie en besef dat die hervormingsproses uiters ingewikkeld sal wees, maar ons moet dapper wees, hande vat en saamwerk ter wille van ons land,” het Jooste gesê.

KOMMERSIëLE SOE’s
Jooste het opgemerk dat dit hoofsaaklik die kommersiële SOE’s is wat tot dusver die land se ekonomie “seermaak”. Hierdie SOE’s sluit in TransNamib, Air Namibia, Namibia Wildlife Resorts (NWR) en die Paaieowerheid (RA).
Onder die nuwe model gaan die ministerie voortaan sy volle aandeelhouerregte uitvoer in terme van die kommersiële en finansiële bedrywighede van die SOE’s.
Dit sluit in die aanstelling van direksielede, die handhawing van goeie korporatiewe bestuur deur middel van prestasie-ooreenkomste, kritiese hersiening van sake- en finansiële planne, goedkeuring van jaarverslae, die uitreiking van riglyne vir vergoeding van direksielede en besture, die instelling van spesiale ondersoeke wanneer nodig, en die verskaffing van leiding en goedkeuring gedurende die herstrukturering van SOE’s.
Die gemengde model sal oor die volgende jaar op ‘n “beheerde wyse” ingestel word.
Lynministeries sal steeds kontrole oor beleidsvorming en die regulering van sektore hê.

NIE-KOMMERSIëLE EN FINANSIëLE SOE’s
Nie-kommersiële SOE’s sluit in reguleerders soos die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) en Cran, sowel as Unam en die Nasionale Kommissie vir Navorsingwetenskap en Tegnologie van Namibië (NCRST).
Hulle bly onder die bestuur van lynministeries. Banke en ondernemings wat ekstra begrotingsfondse bestuur soos die Padadministrasiefonds (RFA) en die MVAF, val onder die ministerie van finansies.
Jooste het gesê terwyl hierdie instellings steeds verantwoording aan lynministeries moet doen, moet hulle ook voldoen aan die vereistes van die ministerie van staatsondernemings.

WETSWYSIGINGS KOM
Binnekort gaan ‘n klein wysiging gemaak word aan die wet wat die ministerie ingestel het om die nuwe bestuursmodel te akkommodeer. Hierdie wet mag oor twee of drie jaar geheel en al vervang word.
Jooste het ook aangekondig dat nuwe beleide vir goeie korporatiewe bestuur op pad is en SOE’s is reeds opdrag gegee om hul aankopebeleid met die nuwe wet op verkryging in pas te bring.
“Met die nuwe, professionele aandeelhouer gaan ‘n normale bedryfsomgewing geskep word om in te werk,” het Jooste gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A