NRU premierliga staan voor uitklopfase
Andrew Poolman - Die vier grotes in die premierliga van die Namibië Rugby-unie slyp hul tande vir komende Saterdag se halfeindstryde wat in die Hage Geingob-stadion gespeel word.
Die voorloper FNB Wanderers kom teen sy oudste vyand Trustco United te staan, terwyl die verdedigende kampioen FNB Unam tweede op die puntelys geëindig het en weet dat hy nie vir FNB Western Suburbs durf onderskat nie.
Die sukkelende Walvisbaai rugbyklub het homself die afgelope naweek oortref deur op Swakopmund met 26-26 teen Wanderers gelykop te speel.
Koue en ’n sterk wind het die Windhoekers glo erg gepla, wat boonop deur hul eie foute nie in die tweede helfte daarin kon slaag om uit hul eie helfte te ontsnap nie.
Walvisbaai se afrigter, Nico van der Westhuizen, sê die kusspan het munt daaruit geslaan dat Wanderers hulle grootliks onderskat het.
“Dit was ’n harde wedstryd en ek wil graag weet waar Wanderers al daai groot spelers kry wat altyd teen ons uitdraf. Hulle het seker gereken dit gaan weer maklik wees, maar toe speel die Walvis-span met groot harte en ons het natuurlik die wind baie beter as hulle gebruik.
“As ons volgende seisoen kan begin soos ons hier geëindig het, sal dit in 2017 heelwat beter gaan.”
Walvisbaai se drieë is gedruk deur flank James Marx, senter William Jacobs, heelagter Jurie Loots en agtsteman Leeroy Rentzke. Losskakel Jeroen van Dam het drie uit vier verdoel.
“Ons het ook twee spelers gehad wat hulle laaste ligawedstryd gespeel het en nou hulle tokse ophang, naamlik skrumskakel Jannes Smit en agtsteman Leeroy Rentzke,” sê Van der Westhuizen.
Aan Wanderers se kant was vleuel Deselvano Beukes, stut Nian Berg en skrumskakel Terswin Raubenheimer (2) sy driedrukkers. Heico Prinsloo het die skopwerk behartig.
SESTIGTAL VIR UNAM
In Windhoek het Unam min moeite ondervind op sy ligaverpligtinge op ’n hoë noot teen Kudus af te sluit.
Die kusspan was glo maar erg uitgedun deur die beserings wat die vorige naweek in sy vuil wedstryd teen Reho Falcon opgedoen is.
Unam, wenners met 60-5, se driedrukkers was die agterspelers Lorenzo Louis, Sylvano Beukes, Chess Lawrence, Camlo Martin, Onumasa Kavita (2), asook die voorspelers Freddy Puriza, Frank Mowa en Simon Kanime. Die ander punte het van Louis (vyf doelskoppe en ’n strafdoel) en Helarius Kisting (een doelskop) gekom.
• Vrydagaand se kragonderbreking het ná net 19 minute klaargespeel met die wedstryd by Gemsbokpark, waar Trustco United met 10-3 teen Rehoboth Rugbyklub voor was.
Die wedstryd sou nie meer ’n invloed hê nie en die besoekers het dus volstaan dat die einde van hul seisoen aangebreek het.
United se drie is deur vleuel Nandi Karuuombe gedruk, terwyl Winmar Rust die doelskop en ’n strafdoel bygevoeg het.
• Western Suburbs het afgesluit deur op sy tuisveld vir Reho Falcon met 20-16 te klop. Die wenspan se drieë het van Uno Katjiuongua en Demarscho Beukes gekom en die skoppunte van Deveraux Jansen.
Die puntestand (in volgorde van wedstryde gespeel gewen, gelykop, verloor, punte vir en teen, punteverskil, ligapunte):
1 Wanderers161312658-272+38672
2 Unam161303534-218+31668
3 W. Suburbs161105526-272+25457
4 United16907474-293+18153
5 Reho Falcon16808401-356+4541
6 Kudus16808331-391-6040
7 Rehoboth166010306-393-8725
8 Walvisbaai162113254-662-40816
9 Dolphin16101568-695-6276

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie