Nog ’n drag slae vir Welwitschias
Buitesenter Lesley Klim se sesde drie in vanjaar se provinsiale reeks en Curriebeker eerste liga was die enigste ligpunt in nog 'n groot pak slae vir die Windhoek Draught Welwitschias.
Die Namibiese span is met 61-7 deur die Grens Bulldogs in Oos-Londen verniel. Anders as die week tevore toe hul ondernemingsgees minstens met ses drieë en 'n bonuspunt teen die Luiperds beloon is, was daar dié keer geen sulke troos vir die Namibiërs nie.
Klim was voor die wedstryd reeds die span se voorste driedrukker in vanjaar se wedstryde. Die doelskop het van losskakel Eugene Jantjies gekom.
Die Bulldogs het ook die eerste ronde se kragmeting in Windhoek met 76-18 oorheers.
• Vandag se ander tellings: Luiperds klop Griffons 44-33 op Potchefstroom (eerste liga); Xerox Goue Leeus klop Boland Kavaliers 60-12 op Ellispark (premierliga); Griekwas klop Pumas 41-35 op Rustenburg (premierliga).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie