Nóg 'n droewige jaar vir Bidvest
Bidvest Namibia Ltd verwag sy basiese verdienste per aandeel (EPS) vir die jaar geëindig Junie 2016 gaan met tussen 35% en 37% teenoor dié van die vorige jaar tuimel. Wesensverdienste per aandeel (HEPS) gaan tussen 15% en 17% laer wees. Dié swakker vertoning is hoofsaaklik weens laer wins van Bidvest se visbedrywighede, het die maatskappy gesê.
Bidvest het Woensdag op N$10,49 per aandeel op die plaaslike indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) gesluit. Met 'n totale markkapitalisasie van N$2,223 miljard is Bidvest die vierde grootste maatskappy op die plaaslike indeks.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie