Nasie moet besin oor grond
Dit is van politieke, sosiale en ekonomiese belang
Catherine Sasman - Die ministerie van grondhervorming sê die tweede nasionale konferensie oor grond ter opvolging van die 1991-konferensie, is ’n beroep op die Namibiese nasie, en nie die ministerie nie, om oor dié sensitiewe kwessie te besin.
Minister Utoni Nujoma het gister amptelik die langverwagte konferensie aangekondig deur te sê alle belanghebbendes moet besin oor die vordering wat tot dusver gemaak is, wat die uitdagings is en maniere hoe om grondhervorming te versnel.
Nujoma het gesê die sektor is gereed om grondhervorming te herevalueer, te bespreek en die pad vorentoe te bepaal.
“Hierdie keer word ons gelei deur verwysings van ons verskillende ervarings as Namibiërs oor wat geslaag het, wat nie geslaag het nie, wat tans nie slaag nie, wat aangepas, verfyn of heeltemal mee weggedoen moet word met betrekking tot ons grondbeleid en wetlike raamwerk,” het Nujoma bygevoeg.
Die ministerie het sedert onafhanklikwording 502 plase van 3,1 miljoen hektaar in totaal teen ’n prys van N$1,7 miljard vir hervestigingsdoeleindes gekoop. Dit teiken is 5 miljoen hektaar deur middel van die beginsel van gewillige-koper/gewillige-verkoper.
Ten minste 5 231 families is hervestig.
Die meeste grond wat verkry is vir hervestiging, was 800 000 hektaar in die //Karasstreek, gevolg deur meer as 500 000 hektaar in die Hardapstreek.
Kommunale grond is met 66 000 hektaar teen N$63 miljoen uitgebrei, waarvan in die Erongostreek die meeste uitgebrei is en in die //Karasstreek die minste. Aan die benadeelde San-gemeenskappe is 51 000 hektaar teen N$45 miljoen verskaf, veral in die Kunenestreek.
Deur middel van Agribank se regstellende aksie leningskema (AALS) is 3,4 miljoen hektaar teen ’n koste van N$762 miljoen gekoop.
In kommunale gebiede is 98 000 gewoontereg op grond en 1 079 huurpagreg geregistreer.
Pres. Hage Geingob het verlede jaar op Otjiwarongo tydens een van sy landwye stadsaalvergaderings gesê die regering se hervestigingsprogram was 'n mislukking.
Geingob het na aanleiding van klagtes oor die vervalle infrastruktuur op hervestigingsplase, gesê dié konsep is een van die grootste mislukkings van die Namibiese regering. “Mense word daar afgelaai sonder enige vaardighede en sonder enige landbou-tegniese hulp en dit word van hulle verwag om te oorleef.”
Hy het gesê die hervestigingsmodel moet gewysig word en een moontlikheid is om afgetrede wit, kommersiële boere by die bestuur daarvan en die opleiding van die hervestigdes te betrek.
Konsultasies
’n Program vir die beoogde nasionale konsultasies is nog nie bekend gestel nie.
Nujoma het gister gesê die nasie moet ooreenstem met nuwe strategieë en benadruk dat teikens vir grondverkryging teen 2020 en die groeiende vraag na landbougrond in gedagte gehou moet word.
Konsultasies in plaaslike tale sal in die 14 streke van die land gehou word en die ministerie sal in ope dialoog met gemeenskappe tree en na alle bydraes luister, het Nujoma beloof.
“Die grondkwessie in hierdie land en in Suider-Afrika oor die algemeen is ’n politieke, sosiale en ekonomiese kwessie. Dit takel onteiening, gelykheid en die bevordering van ’n volhoubare lewensbestaan deur middel van die instelling van programme wat die uitwissing van armoede teiken,” het hy gesê.
Met behulp van die Europese Unie (EU) en in samewerking met die Duitse regering is 365 000 hektaar onder die kleinskaal kommersiële boerderyskema gekoop.
Die ministerie het gedurende die boekjaar 2012-’13 ses projekte begin waar 519 werkgeleenthede onder die geteikende ingrypingsprogram vir werkskepping en ekonomiese groei (Tipeeg) geskep is.
Nujoma het gesê die ministerie hou goeie grondrekords en hou gereeld die waardasierol by om die integriteit van die grondmark te verbeter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie