Namibiu00ebrs in Turkye veilig nu00e1 mislukte staatsgreep
Namibiu00ebrs in Turkye veilig nu00e1 mislukte staatsgreep

Namibiërs in Turkye veilig ná mislukte staatsgreep

Henriette Lamprecht
Estelle de Bruyn - Al ses Namibiese studente wat met beurse van die Turkse regering in Turkye studeer, is veilig ná ’n mislukte staatsgreep op 15 Julie.
Die Turkse ambassadeur in Namibië, me. Deniz Çakar, het Vrydag op ’n media­konferensie in Windhoek gesê die ambassade is in verbinding met die studente wat op verskillende plekke in Turkye studeer. Sy sê die studente het hul solidariteit met die mense van Turkye betoon deur foto’s met die Turkse vlag op sosiale media te publiseer.
’n Namibiese afvaardiging, wat ten tyde van die opstand ’n Unesco-konferensie in Turkye bygewoon het, is ook veilig en het ongedeerd na Namibië teruggekeer.
Gevra oor hoe veilig dit is om nou na Turkye te reis, het Çakar gesê terrorisme kom oral in die wêreld voor en dat dit nie net Turkye is wat daardeur geraak word nie. In die nadraai van die mislukte staatsgreep is veiligheidsmaatreëls in Turkye verskerp midde die gewilde vakansieseisoen in die land. “Ek kan nie sê dat dit onveilig is om na Turkye te gaan nie,” het sy gesê.
’n Faksie van die Turkse gewapende magte het die aand van 15 Julie probeer om die regering van pres. Recep Tayyip Erdogan omver te werp.
“Die boosdoeners het op hul eie mense gevuur, hul bevelvoerders verraai en die nasionale parlement en die kantoor van die president gebombardeer,” het Çakar gesê.
Sy sê dit is grootliks die Turkse bevolking en die media wat die staatsgreep afgeweer het.
Meer as 7 500 mense word aangehou en 218 is in hegtenis geneem. Van die samesweerders is 24 dood en 50 gewond. Altesaam 240 Turke is dood en meer as 1 400 gewond. Onder die oorledenes is 62 polisiebeamptes, vyf militêre personeel en 173 burgerlikes. Meer as 50 000 staatsdienswerkers is sedertdien uit hul poste geskors.
Çakar het die versekering gegee dat die reg sy gang sal gaan ingevolge die ­noodtoestand wat in die land afgekondig is en dat diegene wat ná die ondersoek onskuldig bevind word, niks het om te vrees nie.
Die agt lede van die Turkse lugmag wat ’n helikopter van die lugmag gesteel en na Griekeland gevlug het, staan tereg in Griekeland omdat hulle die land se lugruim geskend het. Volgens Çakar hoop Ankara dat hulle spoedig aan Turkye uitgelewer sal word.
Hierbenewens wil Turkye hê die geestelike leier, Fethullah Gülen, wat in Amerika woon, en volgens die Turkse owerhede die meesterbrein van die komplot is, moet aan Turkye uitgelewer word.
Çakar sê Turkse owerhede beskik oor voldoende bewyse dat die Fethullah Gülen terroriste-organisasie (FETÖ) agter die sameswering sit. Die bewyse sal aan die Amerikaanse owerhede oorhandig word om Gülen se uitleweringsversoek te steun.
“Die regering en ons nasie bly waaksaam teen moontlike pogings deur individue en oorblywende selle van die samesweerders wat wraak mag neem of die openbare orde in die gedrang wil bring.
“Die afskuwelike aanval is beplan en uitgevoer in ’n tyd wat ons land reeds teen PKK/YPG en Deash (Islamitiese Staat-groep [IS]) veg,” het Çakar gesê.
Sy het daarop gewys dat van die internasionale mediaberigte oor menseregteskendings ten tyde van die noodtoestand dikwels verdraai is.
Wat Turkye se internasionale betrekkinge betref, het Çakar gesê dinge is onveranderd en dat Turkye voortgaan om Namibië as ’n goeie vriend te
beskou. ­Internasionale samewerking is gevolglik nie deur die politieke krisis geraak nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.08 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.94/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0118 | Zinc US$ 2 887.60/T UP 0.45% | Brent Crude Oil US$ 84.85/BBP DOWN -0.0212 | Platinum US$ 950.81/OZ UP +1.72% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.08 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.94/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0118 | Zinc US$ 2 887.60/T UP 0.45% | Brent Crude Oil US$ 84.85/BBP DOWN -0.0212 | Platinum US$ 950.81/OZ UP +1.72%