Namibiese fliek versit grense

Die bekroonde The White Line werp lig op apartheid-liefdesverhale wat deel is van Namibië soos ons dit vandag ken.
Yandi Du Plessis
Die bekroonde Namibiese fliek The White Line is op 13 November in plaaslike teaters bekend gestel. Dié historiese liefdesverhaal speel in 1963 af, kort ná die Ou Lokasie-opstand in 1959.

The White Line word beskryf as 'n “verhaal van hoop en liefde wat blom onder verbode omstandighede”. Ná die Ou Lokasie-opstand wat Suidwes-Afrika geruk het, verander 'n swart huishulp se lewe vir ewig toe sy toevallig 'n Afrikaner-polisiebeampte ontmoet.

Hul onwettige liefde groei met verloop van tyd deur die briewe wat hulle aan mekaar skryf, en behalwe vir hul velkleur, verduur hul verhouding vele ander struikelblokke.

Sylvia Kamutjemo (Girley Charlene Jazama), 'n jong vrou wat as 'n huishulp werk, is swanger en geskei van die liefde van haar lewe deur 'n onsigbare wit lyn wat 'n reeds verdeelde land verder sal verdeel.

Pieter de Wet (Jan-Barend Scheepers) is in konflik gewikkel met sy werksplig, ras en die liefde van sy lewe.

Hulle word gedwing om moeilike keuses te maak wat in die toekoms 'n rimpel-effek sal hê vir hul ongebore kind, Godfried jr. Jare later moet Godfried die stukke van sy ma se verpletterde lewe optel. Hy soek na 'n pa wat hy nooit geken het nie met die hoop om sy ma 'n kans te gee om vrede met haar verlede te maak.

The White Line is 'n meesleurende liefdesverhaal tussen 'n man en vrou wat nie ras raaksien nie en onbewustelik in 'n stryd met die samelewing se standaarde is. Hulle vind vertroosting in liefde in 'n era waar liefde beperk is. Die outentieke Namibiese verhaal wys hoe apartheidswette onder die Suid-Afrikaanse administrasie Namibië voor onafhanklikheid beïnvloed het.



VEREER BY FILMFEESTE

Die fliek is deur Michael Pulse geskryf en Desiree Kahikopo-Meiffret het in die regisseurstoel gesit.

Girley Charlene Jazama, Jan-Barend Scheepers, Sunet van Wyk, Mervin Uahupirapi, Charl Botha, Muhindua Kaura, Vanessa Kamatoto, Joalette de Villiers, Hazel Hinda en Desmond Katamila vertolk die verskeie rolle.

The White Line het sy internasionale première op die 40ste Durbanse Internasionale Filmfees in Julie 2019 gehad en is daarna by verskeie internasionale filmfeeste vertoon, waaronder die Joburg Film Festival, Rwanda Film Festival, Hilton Arts Festival, Africa Venezuela Film Festival en New York African Diaspora International Film Festival, New African Film Festival in Washington DC en die negende Luxor African Film Festival in Egipte, waar dit spesiale erkenning vir die regie ontvang het.

In 2020 is die fliek vertoon tydens die Africlap African Film Festival in Toulouse, Frankryk, en het die Kilimanjaro-toekenning vir die beste rolprent gewen.

Die fliek het ook 'n uitnodiging van die Duits-Namibiese Vereniging in Frankfurt ontvang om tydens hul jaarlikse kultuurgeleentheid vertoon te word.

Die film het ook toekennings vir beste draaiboek, beste nuwe regisseur en die Audience Choice-toekenning by die 2019 Namibiese Teater- en Filmtoekennings ontvang.

Girley Jazama, wat die hoofrol vertolk, het die Golden Sotigui-toekenning by die 2020 Académie des Sotigui-toekennings, asook die toekenning vir die beste Suider-Afrikaanse aktrise ontvang.

Die fliek wys tans in die Ster-Kinekor-teaters in Maerua Mall en by die Atlanta Cinema op Swakopmund. Vanaf 20 November is The White Line ook op die skerms by die Ster-Kinekor-teater in die Grove Mall te sien.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%