Namibië tree toe tot APRM
Estelle de Bruyn - Vyftien jaar nadat die Afrika eweknie-hersieningsmeganisme (APRM) deur die Nuwe Vennootskap vir Afrika se Ontwikkeling (Nepad) in 2001 tot stand gekom het, het Namibië dit aanvaar.
Die meganisme was lank ‘n tameletjie vir Namibië, veral gegewe die noue betrekkinge met Zimbabwe, wat allerweë as een van die grootste uitdagings van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) beskou word.
Gevolglik is vir jare voete gesleep met die hersieningsmeganisme.
Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het Donderdag in ‘n verrassende stap die dokumente vir toetrede tot die meganisme, wat Namibië onderhewig aan hersiening sal maak, aan die Nasionale Vergadering (NV) voorgelê.
In haar motivering het sy daarop gewys dat APRM ‘n vrywillige self-monitering meganisme is waarvolgens Afrikalande die gehalte van elk se staatsbestuur evalueer.
Tot nou toe het 35 lidlande van die Afrika-unie (AU) vrywillig die stelsel aanvaar. Hiervan het 17 lande hul selfevaluering voltooi waarna dit deur die ARPM nagegaan is.
Die forum bestaan uit ‘n komitee van deelnemende staatshoofde en hoofde van regerings van lidlande van die AU, wat vrywillig besluit het om hulle aan evaluering te onderwerp. Die forum is die hoogste besluitnemingsliggaam in die APRM.
Die meganisme is daarop gemik om lande te help om van mekaar te leer en kapasiteit te bou asook om in konstruktiewe dialoog betrokke te raak.
Die doel van die hersiening is om staatsbestuur en sodoende ook menseregte in Afrika te verbeter.
“Gegewe die potensiële voordele van Namibië se deelname, is dit raadsaam vir Namibië om formeel tot die APRM toe te tree,” het Kuugongelwa-Amadhila gesê.
Verskeie lede van die NV het ter ondersteuning van die toetrede in die debat gepraat en die algemene gevoel was dat Namibië voortaan op kontinentale byeenkomste die kop hoog sal kan hou.
Die NV het eenparig vir toetrede gestem.
Op dieselfde dag het die NV ook die Afrika-handves vir Demokrasie, Verkiesings en Staatsbestuur van die AU bekragtig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie