Namibië, Mali tot samewerking verbind
Nampa - Namibië en Mali het besluit om samewerking tussen die twee Afrika-nasies te gebruik om aan die Afrika-unie Agenda 2063 te voldoen.
Die Agenda 2063-strategie is om die gebruik van hulpbronne van Afrika te optimaliseer deur uit die verlede te leer en ’n vooruitstrewende vasteland deur middel van positiewe maatskaplike transformasie oor die volgende 50 jaar op te bou. Met dié doel voor oë, het die twee lande onlangs by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako oos van Windhoek ’n gesamentlike ooreenkoms onderteken na ’n twee dae sessie van die gesamentlike permanente kommissie van samewerking.
Die eerste minister van Mali, mnr. Modibo Keita, en die adjunk eerste minister van Namibië, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, wat ook die land se minister van internasionale betrekkinge en samewerking is, het die ooreenkoms onderteken vóór Keita en sy afvaardiging na Mali teruggekeer het. Volgens Nandi-Ndaitwah sal Namibiërs groot voordeel uit die gesamentlike ooreenkoms trek om die land te help in die stryd om te industrialiseer. Samewerking tussen die twee lande sal op die gebiede van landbou, onderwys, navorsing, visserye, mynbou, kommunikasietegnologie, handel en belegging geskied.
Die kommissie sal vir die tweede vergadering in 2018 byeenkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie