Namibië 7de op Ibrahim-indeks
Die 2020 Mo Ibrahim-indeks vir Afrika-regerings is vandeesweek bekend gestel.
Francoise Steynberg – Namibië is sewende uit 54 Afrikalande op die ranglys van die Mo Ibrahim-indeks vir Afrikaregerings (IIAG) van 2020.
Die indeks is Maandag deur die Mo Ibrahim-stigting bekend gestel.
Vanaf 2010 tot 2019 het Namibië algeheel met 3,4 punte gestyg en 'n puntetelling van 65,1 uit 100 gekry.
Namibië het veral beter gevaar in die kategorieë grondslag vir ekonomiese geleenthede en menslike ontwikkeling.
In die kategorie grondslag vir ekonomiese geleenthede het die land met 12,8 punte tussen 2010 en 2019 gestyg en 'n algehele puntetelling van 61,7% gekry. In dié kategorie word Namibië negende op die kontinentale ranglys geplaas.
Namibië het in dié kategorie se onderafdelings veral goed gevaar in professionele administrasie, toegang tot finansiële dienste, mobiele kommunikasie en digitale toegang.
In die kategorie menslike ontwikkeling het die land met 4,2 punte vanaf 2010 tot 2019 geklim, 60,9% verwerf en is 12de op die ranglys.
Kommer in dié kategorie heers egter oor 'n volhoubare omgewing waar Namibië met 14,3 punte in nege jaar gedaal het, asook in toegang tot gesondheidsdienste waar Namibië met 9,6 punte gedaal het. In die kategorie menslike ontwikkeling het Namibië presteer in die onderafdeling gebrek aan ondervoeding en het die land met 34,7 punte in nege jaar gestyg.
Namibië het in twee kategorieë swakker as die vorige indeks gevaar, naamlik sekuriteit en oppergesag van die gereg, deelname, regte en inklusiwiteit.
In die kategorie sekuriteit en oppergesag van die gereg lê Namibië sesde op die ranglys en het 'n puntetelling van 69,9%, maar die land het steeds twee punte sedert 2010 gesak.
KOMMER OOR TEENKORRUPSIE
Kommer heers veral oor die subafdeling teenkorrupsie waar Namibië met 4,6 punte in nege jaar gedaal het, veral rakende teenkorrupsiemeganismes (-4,8 punte) en die gebrek aan korrupsie in die private sektor (-8,6 punte).
In die kategorie deelname, regte en inklusiwiteit lê Namibië agtste op die ranglys met 'n puntetelling van 67%, maar het wel met 1,8 punte vanaf 2010 gedaal.
Kwessies is vryheid van assosiasie waar Namibië 25 punte swakker as in 2010 gevaar het, asook mediavryheid wat met 12,9 punte gesak het. Namibië het swakker gevaar met gelyke siviele vryhede (-8,6 punte) en wette oor geweld teen vroue (-8,3 punte).
In dié kategorie het Namibië wel beter gevaar in politieke mag en verteenwoordiging van vroue met 17,9 punte hoër as in 2010, asook politieke pluralisme (+13,3 punte) en demokratiese verkiesings (+11,9).
VASTELAND SE PRENTJIE
Wat Afrika betref, het die algehele puntetelling vir regering met 0,2 punte jaar op jaar sedert 2010 geval.
“Die afname is weens die verswakte prestasie in drie van die vier IIAG-kategorieë, naamlik deelname, regte en inklusiwiteit; sekuriteit en oppergesag van die gereg; en menslike ontwikkeling,” lui die verslag.
Volgens die verslag het vooruitgang reeds sedert 2015 verlangsaam.
“Tog het algemene regering effense vooruitgang getoon en in 2019 het 61,2% van Afrika se bevolking in 'n land gebly waar algemene regering beter as in 2010 was,” lui die verslag.
“Vooruitgang is oor die laaste dekade hoofsaaklik voortgestu deur verbeterings in ekonomiese geleenthede (+3 punte) en menslike ontwikkeling (+4,1 punte). Dit is hoofsaaklik weens beter infrastruktuur en gesondheid tesame met 'n volhoubare omgewing.
“Vordering word bedreig deur 'n toenemend onsekere veiligheidsituasie, asook verswakking van burgerlike regte en demokratiese bestel,” lui die verslag.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie