Nag van inferno
Die buitewyke van Usakos was Vrydagnag 'n toneel van verskrikking toe drie groot vragmotors aan die brand geslaan het.
font face="Verdana" >
Des en Anneli Erasmus op Usakos - Voor die venster van sy slaapbank was ‘n gordyn op ‘n skrefie oop. Hy het wakker geskrik en ‘n geweldige gloed daarbuite gesien. Toe verterende vlamme. Hy het opgespring en net in sy effense slaapklere vir die nag gehardloop om iewers hulp te soek. Toe was daar die inferno wat alles verwoes het.
Saterdagoggend het Republikein die drywer van een van die drie groot vragmotors opgespoor wat Vrydagaand net wes van Usakos in ‘n nag van vrees in ‘n vlammehel verwoes is. Hy leef. Die bestuurder van ‘n tweede vragdraer is met ernstige brandwonde aan sy nek en rug in ‘n hospitaal opgeneem. Die derde een word vermis, vermoedelik deur die vlamme in sy kajuit vasgekeer en veras.
Vra die man na sy naam en hy sê Luka. En sy van? Luka trek met sy plathand ‘n gelyk skryfblad in die sand. Dan skryf hy met ‘n bewende voorvinger van ‘n geskokte gestalte "Kabwe" in die sand. Luka Kabwe, vragmotorbestuurder van Lusaka en in beheer van die groot voertuig waarvan die rubber van nog net een agterband smeul wanneer ‘n maalwind oor die plek van roet, skroot en as trek. Net die staalvellings en stukke van die raamwerke het oorgebly.
Die brand het Vrydagaand uitgebreek waar drie padreuse op die B2-hoofweg aan die buitewyke van Usakos vir die nag geparkeer was. Vir die bestuurders van die ou grotes is dit ‘n gereelde oornagplek om nie ná donker deur die roes- en misgordel kus toe of die wildryke binneland op die korridor na Namibië se landgebonde bure te ry nie. Vir die nag was Luka van Zambië met sy leë wa lankal daar.
Toe het nog ‘n vragmotor van Zambië met ‘n vrag marsbankers van die Walvisbaaise visbedryf daar ingetrek en toe ‘n derde een, ‘n groot brandstoftenkwa van ‘n bekende plaaslike- en oorgrenskarweier.
Puin
Al drie groot vragdraers het Saterdagoggend in hope puin langs mekaar gelê. Tydens die brand was daar vir ander verkeer op die B2-hoofweg vertragings soos wanneer abnormale vrag daarlangs gaan, maar ander monsters as die een wat vuurpluime baie hoog in die nag gespoeg het. Namate die vuur afgeneem het, is verkeer in ‘n enkelbaan deurgelaat.
Saterdagoggend is met Luka op die toneel van verskrikking gesels. Hy het op die polisie gewag wat toe reeds met ‘n ondersoek na die voorval besig was waarin skade van baie miljoene dollars veroorsaak is.
Luka sê hy het Vrydag al ‘n week op die plek gewag nadat sy groot vragmotor se kompressor die vorige week daar gebreek het en hy op die onderdeel moes wag. Bedags het die son hom in die oostewinde gesteek en snags was die kleinvolk van die Namibwoestyn sy geselskap. Juis Vrydag het die kompressor gekom met net enkele verstellings wat nog Saterdagoggend gemaak sou word voordat hy sy tog na Walvisbaai sou voortsit om daar ‘n vrag marsbankers vir die Zambiese mark te laai.
Vrydagaand was hy deur die slaap bewus van een van die ander twee vragmotors wat daar ingetrek het. Eers toe die nood ontstaan het, was hy daarvan bewus dat hulle drie was.
Saterdagoggend het hy maar net vermoed die brand het by die middelste vragmotor met die vrag marsbankers vir Zambië ontstaan. ‘n Malende wind het die vuur laat sprei en die vlamme na sy gestrande voertuig oorgewaai. Die derde vragmotor was ‘n tenkwa met brandstof, vermoedelik diesel, en dit het vir die ontploffinngs en vuurtonge in die nag gesorg.
Toe hy uit sy slaap opgevlieg en uit sy voertuig se kajuit gespring het, het hy na ‘n vulstasie ‘n paar honderd meter daarvandaan gehardloop om hulp te soek. Al was reddingswerkers gou op die toneel, kon niks gered word nie.
“Ek is nou alleen,” het Luka in die geselskap van ‘n enkele polisieman op wagdiens by die afgesperde terrein gesê. “Ons wag op die ondersoekspan. In my kajuit het ek alles verloor, al my eie goedjies, my paspoort en reisdokumente en permitte vir my vrag. Wanneer die polisie eers hier klaar is, meen ek hulle sal my help om weer die los puntjies bymekaar te kry sodat ek na Lusaka huis toe kan gaan. Die Namibiërs is vir my goed, maar ek verlang na my mense tuis.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie