'n Nuwe era breek aan
Bank Windhoek Holdings het Donderdagaand tydens ’n spoggeleentheid sy nuwe naam en handelsmerk bekend gestel. Dié gediversifiseerde finansiële dienstegroep wat op die plaaslike indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) genoteer is, staan nou as Capricorn Investment Group bekend. Die groep sal voortgaan om in sy premierhandelsmerke, Bank Windhoek en Capricorn Asset Management, te belê, het Thinus Prinsloo (links), besturende direkteur van die groep, gesê. Saam met hom op die foto is Baronice Hans (middel), besturende direkteur van Bank Windhoek, en Johan Swanepoel, nie-uitvoerende visevoorsitter van Capricorn Group. Foto Verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie