My beste maat Smartie

Tanja Bause
Tanja Bause – Die konsentrasie is duidelik op Jerry se gesig, terwyl hy saggies vir Smartie, ''n skaaphondkruising, borsel. Smartie en Monty, nog ''n skaaphondkruising, kuier gereeld saam met me. Kirsten Drews by die Spesiale Skool Môreson in Windhoek.
Drews en Monty het in 2009 Duitsland toe gevlieg om opleiding in ondersteuningsterapie met diere te ontvang. Albei het die kursus geslaag en is ook in Duitsland geregistreer. Drews is ''n gekwalifiseerde kinderverpleegster en haar mediese agtergrond kom haar goed in haar werk met kinders te staan.
“Die konsentrasie van die kinders met wie ons werk, is besig om baie te verbeter. Kinders wat aan die begin vir net U329; paar minute kon konsentreer, kan dit nou vir 30 minute doen. Hul beloning as hulle ''n taak suksesvol voltooi het, is om die honde te mag borsel of met hulle ’n balspel te speel," het Drews vertel.
Die spelery verseker ook dat die gestremde kinders wat gewoonlik nie wil oefen nie, aktief is.
“Wanneer hulle die bal gooi, moet hulle dit weer gaan haal en weer gooi. Sodoende oefen hulle sonder dat hulle dit agterkom.”
Die kinders leer ook tel en sorteer. Volgens Drews gee sy vir die kinders hondekoskorrels wat hulle in gelyke hope vir Monty en Smartie moet deel, voordat hulle die honde korrel vir korrel mag voer. Volgens Drews help die voer van die honde die kinders se motoriese vaardighede en gee dit boonop aan hulle U329; gevoel van vervulling.
Monty en Smartie is opgelei om op handbewegings en tekens te reageer.
“Ek staan agter die kind en gee die hond U329; teken waarop hy reageer. Die kind dink hy het die hond laat reageer wat die kind U329; gevoel van vervulling gee dat hy iets kan regkry,” het Drews gesê.
Die skoolhoof, me. Anita Kreft, sê sy sien U329; duidelike verskil in die kinders wat by Drews en die honde onderrig ontvang.
“Die kinders se konsentrasievermoë en selfvertroue het geweldig verbeter. Hulle kán leer, maar dit neem tyd en baie, baie werk,” het sy gesê.
Drews is reeds ''n jaar by die Spesiale Skool Môreson twee keer per week vir ''n uur op ''n slag met verskillende kinders en haar honde werksaam.
Monty is U329; agt jaar oud skaaphondkruising wat Drews van die Dierebeskermingsverenging (DBV) in Windhoek gekry het. Van jongs af was hy by die kinders as “Dr Dog” bekend. Smartie, ook ''n skaaphondkruising, is ses jaar oud.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A