Munisipale rekeninge word kopseer vir atlete

Water en krag was tot onlangs by die twee nasionale stadions afgesny.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die Onafhanklikheidstadion in Olympia wat veronderstel is om die nasionale trots van Namibiese sport te wees, was die afgelope twee weke sonder elektrisiteit en water.

'n Opgeloopte munisipale rekening van die ministerie van sport, jeug en nasionale diens wat vir die stadion verantwoordelik is, het daartoe gelei dat die twee dienste deur Stad Windhoek opgeskort is.

Volgens een bron beloop net die opgehoopte rente ongeveer N$600 000 en in die verlede is na bewering slegs rente en 'n gedeelte van die rekening betaal om die ligte te laat brand.

Nog twee slagoffers was mnr. Solly Duiker, nasionale koördineerder van die Namibiese Skolesportunie wie se kantore in die einste stadion geleë is, en die Namibië Rugby-unie (NRU) by die Hage Geingob-stadion.

Die NRU se ligte gloei weer sedert laas week Vrydag en die watertoevoer is dieselfde dag herstel nadat die betrokke ministerie vuur onder sy amp­tenare gemaak het.

Gerugte het geloop dat daar geen water by die Onafhanklikheidstadion vir gister se Sone 1-atletiekbyeenkoms beskikbaar sou wees nie en dat mense hul eie drinkwater moes bring.

Met Republikein se besoek is bevind dat al die krane en toilette in die ablusieblokke lopende water het. By die ingang van elke badkamer is egter 'n waarskuwing opgeplak dat die water nie drinkbaar is nie.

Duiker het vertel dat hy inderhaas plan moes maak toe donkerte op sy kantore toeslaan.

“Ek was verplig om die afgelope twee weke van die huis af te werk; daar het ek internetverbinding en die nodige dienste wat nie by my kantore be­skikbaar was nie. Die waarskuwingstekens is opgesit toe gryswater vir die badkamers gebruik is, maar die water wat nou deur die pype vloei, is skoon en drinkbare munisipale water.

“Die ministerie het vandeesweek die rekening betaal en die dienste is herstel,” het hy vertel.

Mnr. Erastus Uutoni, nuut aangestelde minister van sport, jeug en nasionale diens, het glo verlede week die sweep hard tydens 'n vergadering met sy permanente sekretaris en ander rolspelers geklap. Volgens Duiker wat ook by dié vergadering verteenwoordig was, is lakse amptenare vir die katastrofe verantwoordelik.

“Dit is nie 'n geval dat daar nie geld beskikbaar was nie. Dit is eenvoudig swak dienslewering en staatsdiensamptenare wat nie omgee wat aangaan nie. Die minister het hard met sy permanente sekretaris en ander belanghebbendes gepraat om dienslewering te verbeter,” het Duiker gesê.

Behalwe dat die atletiekstadion die afgelope maande vir atlete gesluit was wat daar wou oefen, is die tartanoppervlak in 'n haglike toestand en nie geskik om enige nasionale kampioenskap te huisves nie. Die stadion is in 1980 voltooi en daar is sedertdien nog nie weer enige onderhoud of herstelwerk aan die tartanoppervlak gedoen nie.

Weermagvoertuie, insluitend vragmotors, is glo verantwoordelik vir die verweer van die tartanbaan nadat in die verlede verskeie keer daaroor gery is. Veral op plekke waar die voertuie gedraai het, het die tartanlaag losgekom en is dit uiters gevaarlik om op te hardloop.

Toe Windhoek Gimnasium onlangs sy huiskompetisie daar aangebied het, moes die skool mobiele toilette huur en elke ouer sorg dat sy kind voldoende drinkwater vir die dag het. Spoelwater vir die badkamers was wel beskikbaar, maar nie drinkbaar nie.

Een organiseerder gister het vertel: “Daar is 'n kraan wat aan die tenks agter die stadion gekoppel is; ons moes dit volmaak en die water is van daar na die toilette herlei. Ons het vir ons eie water gesorg en het mobiele toilette gehuur. Ons het ook voorsorg getref indien die water in die tenks sou opraak. Een van die ouers het 'n tenkwa met voldoende water voorsien om in die tenks te pomp as die water sou opraak. Gelukkig het dit nie gebeur nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%