Min dae vir onwettige karwassers
Elvira Hattingh - Die vasvat van onwettige karwassers gaan voort.
Ongeregistreerde karwasserye wat op private residensiële of besigheidseiendomme werksaam is, het verlede week Vrydag 28 dae gekry om aan die nodige munisipale verordeninge te voldoen. Indien nie, sal regstappe teen hulle gedoen word.
Windhoek se munisipaliteit het verlede maand twee spanne afgevaardig wat tydens fase een van die opruimingsaksie onwettige karwasbesighede gesluit, hul toerusting gekonfiskeer en boetes van minstens N$1 000 opgelê het.
Veral karwasserye wat in openbare gebiede om die stad of op sypaadjies werksaam is, is eerste geteiken en nabygeleë huishoudings wat onwettige besighede van water en krag voorsien, se dienste is ook afgesny.
Voorts word ongeregistreerde wasserye, wat op die regte plekke geleë is, nou grasie gegee om aan relevante munisipale verordeninge gehoor te gee. Boonop moet die voorgeskrewe strukturele aanpassings ook binne die tydperk gemaak word.
Dit beteken gebruikte water sal weer in die munisipale rioolstelsel inloop pleks van wegspoel, die omgewing besoedel, paaie beskadig en rioolstelsels verstop.
Die munisipaliteit het voorheen aan Republikein gesê in Windhoek is die rioolstelsel afsonderlik van die stormwaterstelsel en kan seepwater, sand en rotse wat in dié stelsel afspoel, verstopping veroorsaak.
Karwasserye mag dus nie langer in openbare gebiede, op sypaadjies of parkeerareas bedryf word nie.
Die aksie vorm deel van die munisipaliteit se formaliseringsprogram van kleinskaalse, informele besighede.
Die munisipaliteit se munisipale woordvoerder, mnr. Joshua Amukugo, het vroeër gesê Windhoek het na raming tussen 300 en 400 karwasserye, waarvan minder as 30 wettig is.
Volgens 'n kennisgewing wat Vrydag deur die munisipaliteit uitgereik is, bly onwettige karwasserye 'n groot bron van kommer, veral gesien in die lig van die stad se waternood.
Afgesien van skade aan paaie, die verstopping van rioolstelsels en omgewingsbesoedeling, lei dit verder tot probleme soos verkeersopeenhopings en watervermorsing.
Vroeër vanjaar het mnr. Dieter Tolke, 'n tegnikus in die stad se bestuurseenheid vir wateraanvraag, aan Republikein gesê dis nodig dat karwasserye aan munisipale bouregulasies voldoen.
“In die verlede is oortredings dikwels oor die hoof gesien, omdat dit Windhoek se beleid is om klein besighede te ondersteun. Met die huidige watertekort het die situasie net vererger en is dit onregverdig teenoor wettige besighede,” sê Tolke.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie