Melk stroom na skool
Namibia Dairies het verlede week melk aan die Primêre Skool DD Guibeb op Mariental geskenk as deel van sy maatskaplike verantwoordelikheidsprogram.
“As deel van die Ohlthaver & List (O&L) Groep is Namibia Dairies passievol oor die groep se doel om ’n beter lewe en toekoms vir alle Namibiërs te verseker. Ons is altyd toegewyd tot die verbetering van die lewenstandaard van die gemeenskappe waarin ons funksioneer,” sê mnr. Borney Britz, direkteur van Agri-Besigheid by Namibia Dairies se !Aimab Superfarm.
“As ’n melk- en suiwelverskaffer is dit ons plesier en eer om terug te gee aan die gemeenskap. Opvoeding is een van ons sleutelareas as ’n groep, vandaar ons verbintenis tot die ondersteuning van plaaslike skole en ons bydrae tot ’n gesonde en veilige leeromgewing.”
Die goewerneur van die Hardapstreek, me. Esmé Isaack, het in haar toespraak by die oorhandigingseremonie gefokus op die belangrikheid van melk as voedingsaanvuller.
“Die stryd teen hongersnood en armoede het gevra vir onselfsugtige optrede van die regering, die publiek en die private sektor. Hierdie tipe gebaar dra by tot die verbetering van die lewenstandaard van dié wat dit nodig het.”
Dankbaar
“Dankie, Namibia Dairies, vir die verskil wat julle maak. Ek vertrou dat hierdie gebaar selfs sterker reaksie sal ontlok en maatskappye sal aanmoedig om hande te vat met die regering om die ideale en doelwitte van Harambee te bereik.”
Mnr. Alex Kamburute, hoof van die skool, het gesê die voedingsprogram van die skool sal baie by die skenking baat.
“Alhoewel ons vir die kinders mieliepap deur middel van ons voedingsprogram kan verskaf, was ons ongelukkig nie in ’n posisie om enige ander voedingsaanvullers te voorsien nie. Hierdie melk sal ’n groot verskil maak en sal ook ’n geweldige bydrae tot die gesondheid van die leerlinge lewer.”
Die skool het tans ongeveer 560 leerlinge van graad 1 tot graad 7.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie