Lou ekonomie skrik BWH nie af
Lou ekonomie skrik BWH nie af

Lou ekonomie skrik BWH nie af

Wins styg wéér met 20%
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy - “Vat vyf!” is ongetwyfeld hoe Bank Windhoek Holdings (BWH) se beleggers mekaar Donderdag ná die vrystelling van dié groep se jaarresultate vir 2016 gegroet het: Dit is die vyfde opeenvolgende jaar dat BWH se wins met meer as 20% gegroei het.
Finansiële resultate vir die jaar tot einde Junie 2016 wat Donderdag op die Namibiese aandelebeurs (NSX) bekend gemaak is, toon BWH het ’n wins ná belasting van bykans N$905,1 miljoen gemaak, 20,2% meer as die vorige jaar se sowat N$753 miljoen.
“Uitstekende groei,” is hoe IJG Securities BWH se vertoning in hul kitsontleding van die groep se jongste resultate beskryf. “Beleggers gaan baie gelukkig met dié resultate wees,” is PSG Namibia se eerste indruk. IJG sê BWH se syfers is veral indrukwekkend gegewe die toenemende makro-ekonomiese uitdagings wat Namibië in die gesig staar.
Tydens ’n ontbytsessie Vrydagoggend het Thinus Prinsloo, besturende direkteur van BWH, van dié uitdagings uitgelig. Groei in kredietverlening aan die private sektor verlangsaam vanweë hoer rentekoerse en het in 2015 op ’n gemiddeld van 15,4% vasgesteek. Prinsloo sê dié groei sal na verwagting vanjaar verder tot sowat 12,6% afkoel en sal sy afwaartse neiging tot in 2017 voortsit.
Lenings en voorskotte wat in BWH se 2016-boekjaar toegestaan is, het sowat N$26,6 miljard beloop, ’n styging van 12,6% teenoor die vorige boekjaar. In 2015 het dié bedrag met 16,7% teenoor 2014 gegroei. BWH sê 2016 se laer groei weerspieël dié van die bankwese. Groei in die afgelope boekjaar is veral deur oortrokke rekeninggeriewe en verbandlenings aangevuur.
In reaksie op die “meer uitdagende ekonomiese omgewing” het BWH sy proses vir kredietassessering in die eerste helfte van die jaar hersien en ’n “versigtiger leningsbenadering” gevolg.
Wanpresterende lenings (NPL’s) as ’n persentasie van bruto lenings en voorskotte het van 1,09% in 2015 tot 1,32% in 2016 gestyg. Jaco Esterhuyse, hoof finansiële beampte van BWH, sê dié verhoging moet in die lig van ’n “baie lae basis” beskou word en dat dit steeds gerieflik binne aanvaarde banknorme val. Waardedalingsverliese het met 4,2% tot N$60,8 miljoen gestyg en verteenwoordig slegs 0,2% van BWH se totale leningsboek.

Bedryfsvertoning
BWH se bedryfsinkomste vir die jaar onder oorsig was meer as N$2,35 miljard, 16,3% meer as in 2015. Bedryfsuitgawes het met 13,2% tot N$1,18 miljard gestyg, hoofsaaklik vanweë personeelkoste en uitgawes verbonde aan tegnologie. Dit het BWH met ’n bedryfswins van meer as N$1,17 miljard gelaat, sowat 19,6% hoër as in 2015. Die groep se koste in verhouding tot sy inkomste het van 51,6% tot 50,2% verbeter.
Nie-rente-inkomste vir 2016 was sowat N$953,8 miljoen, bykans 17,3% meer. Netto rente-inkomste ná waardedalingskoste was meer as N$1,39 miljard, bykans 15,6% hoer as in 2015. Dit is die derde opeenvolgende jaar dat groei in nie-rente-inkomste dié van netto rente-inkomste ná waardedalingskoste oortref.
Esterhuyse sê nie-rente-inkomste het 40,6% tot BWH se bedryfsinkomste die afgelope boekjaar bygedra, terwyl dit 80,8% van die groep se bedryfsuitgawes gedek het. In die 2015-boekjaar was dié persentasies 40,2% en 78% onderskeidelik.
BWH skryf dié positiewe syfers toe aan die diversifisering van sy inkomstestrome. Transaksie-gebaseerde inkomste en verhandelingsinkomste het stewige groei getoon. Eersgenoemde met 8,1% ondanks die afskaffing van fooie op kontantdeposito’s in April 2015. Verhandelingsinkomste se bydrae tot nie-rente-inkomste het van 11,8% in 2015 tot 15% vanjaar verhoog vanweë kwanza-verhandeling en die skommelings in wisselkoersmarkte.

Bates
Teen die einde van Junie vanjaar het BWH se totale bates meer as N$32,3 miljard beloop, ’n verhoging van bykans 13% teenoor 2015.
Die groep beskik oor voldoende risiko-gebaseerde kapitaal met die verhouding wat op 15,8% staan teenoor die Bank of Namibia (BoN) se minimumvereiste van 10%.
BWH se verdienste per aandeel (EPS) vir sy afgelope boekjaar was 181,2c, ’n styging van 20,5% vergeleke 2015. Die groep se netto batewaarde per aandeel het met 17,6% tot 856c gestyg.
BWH het ’n dividend van 66c per gewone aandeel vir die 2016-boekjaar verklaar, 24,5% hoer as in 2015.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.01/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.48% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.95/BBP UP +0.06% | Platinum US$ 912.58/OZ DOWN -0.0036 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.01/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.48% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.95/BBP UP +0.06% | Platinum US$ 912.58/OZ DOWN -0.0036