Lewens van kinders met outisme verbeter
Tanja Bause - Vir die afgelope 22 jaar wy me. Petra Dillmann haar lewe daaraan om die lewens van kinders en volwassenes met outisme en ander soortgelyke gestremdhede by te staan en hul lewensgehalte te verbeter.
Dillmann het in 2001 die Special Needs Network (SNN) en die Autism Association of Namibia (AAN) in die lewe geroep.
“Om ’n lid van die Wêreld Outisme-federasie te wees, moes ons ’n organisasie vir outisme stig en dus het ons die twee organisasies begin,” het Dillmann gesê.
AAN is ’n vereniging wat saamgestel is uit ouers, hul kinders met outisme spektrum afwykings (ASD), volwassenes met ASD en professionele mense wat daarin belangstel om die welsyn van mense met ASD in Namibië te bevorder.
“Ons doel is om ondersteuning en hulp sowel as opleiding met betrekking tot outisme vir ouers te gee,” het sy gesê.
AAN wil skole en ander plekke identifiseer waar persone met ASD volgens hul behoeftes opgelei kan word. Die plekke sluit in klaskamers, vroeë ingrypingsentrums, asook skole en ontspanningsgeriewe wat spesifiek op die behoeftes vir kinders met outisme gefokus is.
SNN se doelwitte is om as ’n ondersteuningsorganisasie op te tree om te help met die opstel van tersaaklike programme vir jong kinders, tieners en volwassenes. SNN het intussen na die Ou Skoolhuis in Sam Nujomarylaan getrek wat dringend herstelwerk benodig.
“Ons moet die Skoolhuis wat ’n nasionale monument is, herstel sodat dit as ons hoofkwartier kan dien. Ons gaan dit as ’n ondersteuningsentrum vir ouers en vir aktiwiteite gerig op volwassenes gebruik,” het Dillmann gesê. Dit sal voorts met ’n biblioteek spog met alternatiewe en aanvullende kommunikasiehulpmiddels waar opleiding ook aan onderwysers en skoolassistente tot families verskaf sal word. Mense met ASD en ander soortgelyke gestremdhede kan ook by die sentrum bymekaar kom en hier sinvol besig gehou word.
“Ons sal hier ook kinders se basiese lewensvaardighede kan bepaal en evalueer. Ouers en onderwysers word hier ook van raad bedien om kinders met gedragsprobleme te hanteer.”
’n Groot houthuis is verlede jaar met die hulp uit die private sektor gekoop en op die perseel afgelaai.
Dit gaan gebruik word om kinders met outisme en ander kinders uit die samelewing bymekaar te bring om saam te lees, stories te vertel en te speel.
“Ons wil die gaping tussen outistiese kinders en ander kinders verklein en hulle bymekaar bring,” het Dillmann gesê.
Beide die organisasies is deel van Namibia Runs for Charity wat op 16 Julie in Windhoek plaasvind. Dit word by die Môreson Spesiale Skool aangebied en geld wat tydens die dag ingesamel word, word aan die einde van die verrigtinge aan die begunstigde organisasies betaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie