Land se klubs ontmoet by Cazadores
Die Cazadores rolskaatshokkieklub het gister afgeskop met sy jaarlikse toernooi by die sportgronde van DHPS in Churchstraat, Windhoek, wat tot Saterdag aanhou.
Die Cazadores-klub bied die kompetisie aan onder die vaandel van die Namibiese Rolskaats- en Yshokkievereniging by wie die klub geaffilieer is.
Verskeie klubs dwarsoor Namibië sal sake in die onderskeie ouderdomsgroepe uitspook.
Onder die hoogtepunte wat gesien kan word, is beslis wanneer die senior mans Vrydag- en Saterdagaand om die hoogste louere gaan koppe stamp. Dit is die ideale geleentheid om die spelers in aksie te sien wat Namibië onlangs by die wêreldkampioenskap in Italië verteenwoordig het.
Toegang is gratis en die publiek is meer as welkom om die aksie eerstehands te aanskou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie