Kan meisiespan in Botswana seëvier?
Die Namibiese o.21-netbalspan het gister na Gaborone vertrek waar hulle vanaf môre tot 30 Julie aan ’n kwalifiseringstoernooi vir die o.21 Wêreldbeker sal deelneem.
Die voorste drie lande by dié toernooi kwalifiseer vir die 2017 Wêreld Jeugbeker wat ook in Botswana aangebied sal word.
Netbal Namibië het vroeër ’n beroep op die publiek en besighede gedoen om die span se rei na Gaborones finansieel te ondersteun. Dinsdag het vyf verskillende maatskappye tot die span se redding gekom deur hulle met klere te borg.
Die betrokke borge is Pointbreak en N/a’an ku sê (netbaluniforms), Six Mo Nine (slenterdrag), Polka Plumbing (T-hemde) en Atlas Copco (sweetpakke). Me. Lydia Mutenda, president van Netbal Namibië, was met die oorhandiging van die uitrustings baie bly dat die spelers ondersteuning uit plaaslike bodem ontvang het. “Die meisies is gereed om met mening te kompeteer en goed te vaar.
“Van die spelers was onlangs in Miami by die studente wêreldkampioenskap in aksie en ons hoop van harte dat hulle die nasie op en van die baan trots sal maak,” het Mutenda gesê.
Mnr. Joel Matheus, voorsitter van die Namibiese Sportkommissie, het ’n beroep op die spelers gedoen om goeie ambassadeurs vir hul land in Botswana te wees.
“Dit is ’n uitstekende geleentheid vir Netbal Namibië om dalk aan die jeugspele deel te neem. Julle moet as ’n eenheid en span saam werk, maak nie saak wat julle daar gaan doen nie, dit gaan nie op julle as individue reflekteer nie, maar wel op Namibië.
“Ek wil hê dat julle met daardie trofee na Windhoek moet terugkeer,” het Matheus gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie