Kalkrand rebelleer teen ‘korrupte’ dorpsraad

Inwoners is keelvol
Gerine Hoff
Catherine Sasman - Humeure het opgevlam en beskuldigings is oor en weer geslinger ná inwoners van Kalkrand verlede Donderdag oor beweerde wanbestuur, korrupsie en bedrog by die dorpsraad betoog het.
Die optog is deur mnr. James Hansen gelei, wat bekend is vir sy togte tussen Kalkrand en Windhoek wat hy te voet en met sy kruis aanpak om regeringslui en politici van beweerde swak diens by die dorpsraad in te lig.
’n Dag voor die optog het bevelvoerder Andries van der Byl van die Hardapstreek se polisiediens, vir Hansen na Mariental ontbied om die demonstrasie te bespreek. Van der Byl het aanRepublikein gesê die polisie wou verseker dat Hansen, wat deur sommige polisie- en raadslede as ­“skisofrenies” en “gek” beskryf word, nie tydens die optog beledigend raak nie.
Hansen het geweier om voor die tyd met Van der Byl te praat en die optog het voortgegaan. In ’n klagskrif was die onmiddellike skorsing van die hoof uitvoerende beampte van die dorpsraad, mnr. Seth Boois, weens beweerde korrupsie en talle mislukte projekte geëis.
Hansen beweer Kings Enterprises Trading CC het ’n tender gekry om dertig riooltenks vir die dorp se va­kuum-rioolstelsel te vervang en op te gradeer, maar dat Boois die betaling van sestig tenks by die Hardapstreeksraad geëis het.
Boois se skorsing is na bewering vroeër vanjaar ook geëis in ’n brief aan ’n ondersoekspan van die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling.
In die klagskrif is ook beweer dat by die dorpsraad se kantoor ingebreek is waar skootrekenaars gesteel en sekere inligting uitgewis is, ’n paar dae voor die ondersoekspan opgedaag het.
Boois is ook daarvan beskuldig dat hy versuim het om sy pligte uit te voer met betrekking tot die voltooiing van openbare projekte op die dorp.
Inwoners sê die vakuum-rioolstelsel se tenks is nie reg gekoppel nie, wat meebring dat rioolvuil in die strate invloei en ook in mense se huise terugstoot. Baie mangate wat aan die stelsel gekoppel is, is in die middel van grondpaaie aangebring, wat verkeer belemmer en die gebruik van donkiekarre bykans onmoontlik maak.
Die ministerie en dorpsraad het verlede Vrydag ’n nuwe tender geadverteer vir die vervanging van die vakuum-rioolstelsel.
Nog ’n doring in die vlees is ’n onvoltooide sokkerstadion wat nog nooit gebruik is nie en wat letterlik uitmekaar val weens swak vakmanskap, en dit op ’n oop stuk veld waarvoor ten volle betaal is.
Boois het ’n tender geadverteer vir die opknapping van die paviljoen, maar die ministeriële ondersoekspan het blykbaar te kenne gegee dat die struktuur gesloop moet word omdat dit nie vir menslike gebruik geskik is nie.
’n Tender om ’n grasdak te herstel by ’n stalletjie waar klein besighede kan handel dryf, moet nog begin ’n jaar ná die tender toegeken is.
Hansen beweer ’n tender om ’n pad met inlegstene in Kalkrand te bou, is ’n poging deur Boois om op korrupte wyse daarby te baat.

BOOIS BLAMEER HANSE-­HIMARWA
’n Woedende Boois beweer die voormalige goewerneur van die Hardapstreek en huidige minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, het Hansen opge­sweep om die optog te reël.
Dit is blykbaar weens ’n ­voortslepende openbare vete tussen die minister en Boois se vrou, me. Yvonne Boois, wie se kanse om ’n Swapo-raadslid
in die streek te word, na bewering deur ­Hanse-Himarwa in die wiele gery is.
Hy beweer ook die voorsitter van die Hardapstreekraad, mnr. Edward Wambo, en raadslede Tessa Basson en Julius Engelbrecht het saamgesweer om hom te laat afdank. Hy het hulle voorts van “harteloosheid” beskuldig omdat hulle verhoed het dat sy vrou ’n salaris ontvang terwyl sy deur die streekraad geskors is.
Boois het gesê hy het dit oorweeg om te bedank, maar dat hy weens die optog besluit het om die oorblywende twee jaar van sy termyn uit te dien.
“Ek gaan nêrens nie,” het Boois gesê. “Ek was hier vóór Wambo en die ander mense om in 1989 na dié streek te kom om vir Swapo stemme te werf.”
Hy het egter gesê dat “as ’n pligsgetroue burger van hierdie land,” hy sy pos sal ontruim as minister Sophia Shaningwa hom vra om te loop.
Hy het gesê beroepslui is huiwerig om by die dorpsraad te werk weens die beledigings en bedreigings wat hulle van Hansen moet verduur. Hy het voorts gesê hy het om ’n beskermingsbevel teen Hansen aansoek gedoen ná laasgenoemde blykbaar gedreig het om hom en sy familie lewendig aan die brand te steek.
Boois het gesê pres. Hage Geingob is “huiwerig” om Hanse-Himarwa tot orde te roep.
“Ander mense in die land word tot orde geroep. Daar is iets ernstig verkeerd wat aandag moet geniet, anders gaan ons ’n ANC in Namibië hê waar net sekere mense tot orde geroep word en ander nie; hulle word vrye teuels gegee,” het Boois gesê.
Hy het ’n beroep op Geingob gedoen om ’n kommissie van ondersoek na die Hardapstreek te gelas, wat hy sê die meeste moorde, laagste onderwysvlakke en mees indringende armoede in die land het.
Oor die beweringe van korrupsie en bedrog, het Boois gesê slegs ’n ondersoek sal dit kon bewys.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026