Kai Rust bly in aanhouding
Jacqueline Louw - Die familie van mnr. Kai Rust was gister geskok ná die uitspraak teen sy borgtogaansoek dat hy in aanhouding moet bly.
Rust, ’n jong boer wat daarvan aangekla is dat hy ’n verdagte stroper op die familieplaas naby Okahandja doodgeskiet het, se borgtogaansoek is in Januarie vanjaar deur landdros Masule Kwizi in Okahandja afgewys.
Rust het toe ’n aansoek teen die beslissing by die hoërhof ingedien, maar regter Dinnah Usiku het gister die appèl van die hand gewys. Sy het in haar uitspraak aangedui dat die landdroshof ’n plig gehad het om sy diskresie uit te oefen om borgtog toe te staan of te weier en dat sy tevrede is dat die uitspraak korrek was. Die hoërhof kan slegs ’n uitspraak ter syde stel indien dit duidelik foutief was.
Usiku het verder aangedui dat die onus op die aansoeker rus om op ’n oorwig van waarskynlikheid te wys waarom hy op borgtog vrygelaat behoort te word.
Rust se prokureur, mnr. Jan Wessels, het onder meer namens hom aangevoer dat die landdroshof verkeerdelik beslis het dat hy doelbewus geswyg het dat sy suster in Duitsland bly. (Volgens die staat beteken dit dat Rust moontlik op die vlug kan slaan en nie sy verhoor bywoon nie).
Wessels het ook aangevoer dat die staat nie ’n sterk saak teen hom het nie en op getuies steun wat tans op klagte van moord en ander verwante oortredings tereg staan.
Die staat het die borgtogaansoek teengestaan op gronde dat dit nie in die belang van regspleging sou wees indien hy op borgtog vrygelaat word nie en dat die staat ’n sterk saak teen die beskuldigde het.
Rust is op 26 Januarie in hegtenis geneem op een klag van moord, drie van poging tot moord, een van die onwettige besit van ’n vuurwapen sonder ’n lisensie en een van die onwettige besit van ammunisie sonder ’n lisensie. Hy is sedertdien in aanhouding.
Rust word daarvan beskuldig dat hy ’n vermeende stroper, mnr. Andreas Ukandanga (42), in sy rug geskiet het. Ukandanga is op slag dood. Die voorval het op Rust se pa se plaas Okatukaruo sowat 25 km oos van Okahandja plaasgevind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie